Share

Gedeelde kantore meer gewild

accreditation
Die regte gebied gaan gewoonlik met ’n hoë prys gepaard, en die meeste kleinsake-eienaars sal nie eens daarvan droom om kantore in gebiede soos Sandton, Melrose Arch en Frickerweg te huur nie.

Daar is ’n sterk beleggingsargument vir deeltitel-kantoorspasie. ’n Deeltitelkantoor werk nes ’n deeltitel-woonkompleks – jy koop ’n klein belang in ’n groter deel en het toegang tot gedeelde ruimtes, soos kleedkamers en raadsale.

“Die belangstelling in deeltitelkantore as beleggingseiendom neem blykbaar toe,” sê Francois Staples, direkteur van Galetti Commercial and Industrial. “As dit A-graad- spasie is, kry jy altyd ’n goeie opbrengs en die leegstand is min,” sê hy.

Een van die nuwe deeltitel-kantoorontwikkelings is Barrow Properties se Katherine & West. Hy rig ook ’n kantoorgebou vir gemengde gebruik oorkant die Gautrein-stasie in Sandton op. Volgens die groep het hy reeds 40% van die kantore van die plan af verkoop, grootliks aan eienaars wat die spasie sal gebruik. Die kopers is kleiner maatskappye wat ondersteuningsdienste aan die groot maatskappye in die gebied lewer.

Deeltitel-kantore is ook ietwat aantrekliker as handelseiendomsbelegging. In die afgelope twee jaar was daar ernstige polarisering in die sektor – prima spasie is steeds ’n goeie belegging, terwyl die gebiede wat nie heeltemal so gesog is nie, vol te-huur-borde is en die leegstandvlak hoog is.

Die sektor kan vir die gemiddelde belegger ’n mynveld wees. Die kantoorleegstandkoerse was in die eerste kwartaal steeds hoog op 8%, en die nieprimêre sakenodusse, soos Randburg en Midrand in Gauteng, het “kommerwekkend hoë” leegstandskoerse van sowat 14% bereik, volgens Rode & Genote se Rode-verslag.

Paul Barrow, direkteur van Barrow Properties, stem saam dat beleggers die groep se leiding behoort te volg en dit net te oorweeg om in prima sakenodusse te belê. Dis egter nogal ’n kuns, sê hy. ’n Voorbeeld is dat kantore as ’n belegging in Sandton sterker as dié in Rosebank lyk. “Die hoë leegstandkoers in Rosebank kan aan ontwikkelaars se oorentoesiasme vanweë die Gautrein-stasie toegeskryf word,” lui die verslag. Dis ’n ingewikkelde saak.

Sorg dus dat jou portefeulje ’n paar eiendomme bevat om jou risiko te verklein en jou blootstellingsvlak te verlaag. Selfs al herstel kantoorhuuropbrengskoerse geleidelik, behoort beleggers kapitaalappresiasie as die ware aantrekkingskrag van ’n belegging in handelseiendom te beskou. Vir entrepreneurs kan die koop van ’n kantoor ook as sekuriteit vir ’n banklening dien.

Val altyd op die eiendomsbelegger se leuse terug: ligging, ligging, ligging. ’n Mens kan dit maklik vergeet wanneer dinge weer goed gaan. Volgens Barrow is die konstruksiestroom vir A-graad-kantore in Gauteng klein, en daarom sal dié eiendomme waarskynlik skaarser word.

Voordat jy in ’n deeltitel-kantoorkompleks belê, neem die volgende in ag: Het die ontwikkelaar ’n stewige prestasiegeskiedenis? As dit nie ’n genoteerde maatskappy is nie en dit dus nie maklik is om inligting oor die groep te bekom nie, vra verwysings van vorige ontwikkelings.

Barrow stel ook voor dat ’n mens ’n ontwikkelaar met ’n persoonlike belang in die gebou kies. Dit sal verseker dat onderhoudskwessies gou aandag kry. Vind ook uit hoe die gebou se beheerliggaam sal werk nadat jy ’n eienaar geword het.

“Belegging in handelseiendom intimideer mense en daarom vermy hulle dit,” sê Staples.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
18.43
+0.2%
Rand - Pound
23.09
+0.2%
Rand - Euro
19.86
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.17
+0.4%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
997.71
+1.4%
Palladium
979.38
+0.8%
Gold
2,367.11
+0.9%
Silver
28.24
-0.3%
Brent Crude
83.88
+0.4%
Top 40
72,181
+1.2%
All Share
78,464
+1.2%
Resource 10
63,450
+2.6%
Industrial 25
108,579
+0.4%
Financial 15
16,955
+1.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders