Property law

question

Posted by: Estelle Beneke | 2015/09/28 16:31

Tydperk wat ek 'n verpligting teenoor 'n agent het om kommissie te betaal nadat agent voornemende koper gebring het.

Ek het 'n oop mandaat op my huis wat ek wil verkoop. 'n Agent het my amper 'n jaar gelede telefonies gevra of sy die huis kan lys by haar agentskap. Ons het geen mondelikse of skriftelike ooreenkoms aangegaan nie. Sy het na maande die eerste en enigste voornemende koper by my huis aangebring. Hulle het vertrek nadat hulle die huis besigtig het, en ek het vir die afgelope drie maande nog niks van die agent of die voornemende koper gehoor nie. Hoe lank nadat 'n agent 'n voornemende koper gebring het is ek verplig om die agent se kommissie te betaal as daardie koper tog op 'n stadium besluit om die huis te koop. (Met of sonder enige agent) Daar moet 'n tydperk wees wat my vepligting teenoor die eerste agent verval. As dit binne die tydperk is, wat is die % kommissie wat ek moet betaal. Want daar is geen ooreenkoms aangegaan nie.

comment on this story

0 comments
Read the comments policy
Your comment has been posted and will appear shortly.
Please fill in the required fields.