Share

Duwweltjie

AFRIKAANS UIT DIE BLAASBALK

Nog uittreksels uit gr 5-kinders se geskiedenisvraestelle:

* Demokrates was ’n beroemde Griekse wysheid wat rondgeloop en mense raad gegee het. Hy is dood omdat hy verskriklik oordosis of so iets. Na sy dood het sy loopbaan dramaties agteruitgegaan.

* In die ou Olimpiese Spele het die Grieke kaal paal gespring, zol geswaai, en disnis gegooi. Hulle was ook lief vir budgie-jump omdat daar niks anders was om te jump nie.

* Johanna van Arkel het van ’n stapel brandwonde gesterf. Hulle het haar met ’n blaasbalk aan die brand gepomp, tot haar hare afrou geraak het van skrik.

* Koningin Elizabeth was die “Maagde-koningin”. As ’n koningin was sy ’n sukses, maar nie as ’n maagd nie. Sy het haar volk se probleme aangetrek. En was altyd mooi geklee.

* Dit was ’n tydperk van groot uitvindsels en ontdekkings. Gutenberg het die wynpers uitgevind. Hy het die slaweklokke gelui deur dit in die wynpers vas te draai dat die wyn spat.

* Die grootste skrywer van die Renaissance was William Shakespeare. Hy is in die jaar 1564 gebore en die geskiedkundige mense dink dit was op sy verjaardag. Hy het nooit geld gemaak nie, en is net beroemd oor die toneelstukke wat hy geskryf het. Hy het tragedies, komedies en historektomies geskryf. Romeo and Juliet is een voorbeeld.

* Abraham Lincoln het Amerika se grootste presedent geword. Lincoln se ma is dood toe sy nog ’n maagd was en hy is gebore in ’n houthut wat hy met sy eie hande gebou het in die franse evolusie.

* Johann Sebastiaan Bach het baie komposisies geken en het so ook baie kinders gehad. Hy is dood sedert 1750 tot vandag toe. Bach was die beroemdste komponis in die wêreld, amper soos. Hãndel. Hãndel was half-Duits, half-Italiaans en half-Engels wat Hollangs gepraat het.

* Beethoven het musiek geskryf al was hy doof. Hy was so doof dat hy harde musiek geskryf het. Hy het ver in die woude gaan loop selfs al het almal na hom geroep. Beethoven het in 1827 opgehou bestaan en dis hoekom hy later dood is. Hy het rooi hare by geboorte gehad toe noem sy ma hom Beethoven. Sy hare het egter na sy eerste bad heelwat verander.

* Die negentiende eeu was ’n tyd van baie uitvindsels. Mense het opgehou om met die hand te reproduseer en met toestelle begin reproduseer.

* Die uitvinding van die stoomboot het ’n netwerk van riviere laat ontstaan, waarna die mense gevlug het as die water te warm raak van die stoom wat afgeblaas word.

* Die Toekoek is ’n voël wat nie haar eie eiers kan lê nie.

MANS IS DAREM WONDERLIK ...

’N JONG vrou van Kaapstad is depressief en besluit om haar lewe te beëindig. Sy gaan na die hawe en wil net in die ysige water spring toe ’n aantreklike jong matroos haar al huilend aan die rand van die pier sien wankel.

Hy kry haar jammer en sê: “Luister, jy het baie om voor te lewe. Ons vaar môreoggend Europa toe en as jy wil, kan ek jou in die skip wegsteek. Ek sal goed vir jou sorg en elke dag vir jou kos bring.”

Hy stap nader en sit sy arm om haar skouer en sê: “Ek sal jou gelukkig maak en jy sal my gelukkig maak. Reg so?”

Die meisie knik. Wat kan sy immers verloor? Dalk sal ’n nuwe begin in Europa weer sin aan haar lewe gee.

Die aand smokkel die matroos haar aan boord en steek haar in ’n reddingsbootjie weg. Daarna vat hy elke aand vir haar drie toebroodjies en ’n vrug – en dan verkeer hulle tot dagbreek passievol saam.

Drie weke later ontdek die kaptein haar tydens ’n roetine-inspeksie. “Wat maak jy hier?” vra hy.

“Ek het ’n reëling met een van jou bemanningslede,” verduidelik sy. “Ek kry kos en ’n reis na Europa en hy kry my.”

“Wel, dame,” sê die kaptein. “Dis die veerboot wat heen en weer tussen Robbeneiland en die Waterfront vaar.” 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
18.80
+1.1%
Rand - Pound
23.49
+1.3%
Rand - Euro
20.10
+1.5%
Rand - Aus dollar
12.28
+1.0%
Rand - Yen
0.12
+2.8%
Platinum
923.40
-0.2%
Palladium
957.50
-3.3%
Gold
2,336.75
+0.2%
Silver
27.20
-0.9%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders