Share

TOP200 2010 | Verdien die mark se respek

accreditation
Wat is die wins? Dís die vraag wat beleggers die wêreld oor gewoonlik vra wanneer hulle maatskappyresultate bekyk.

Die verdienste per aandeel (VPA) is uiteraard die belangrikste aanwysing van 'n maatskappy se vertoning - die wins wat vir aandeelhouers verdien is nadat alle ander koste en aftrekkings in berekening gebring is.

Talle veranderinge aan finansiële verslagdoening die laaste jare het egter die natuurlike oorgang van die omset na die bedryfswins na die voorbelaste wins na die nabelaste verdienste verduister.

Talle goed kan die winssyfer verwring - of dalk moet mens eerder sê verdoesel - wat 'n aantal variasies van die VPA tot gevolg kan hê. Dit kan enige tyd onder meer die verdienste per aandeel, die wesensverdienste per aandeel, die kernverdienste per aandeel, die herhalende verdienste per aandeel of die verwaterde verdienste per aandeel wees.

Verdienste kan deesdae die verandering in die waarde van onderliggende beleggings insluit - wat 'n geweldige hupstoot op papier kan wees as waardes styg, maar 'n ernstige "papierknou" kan veroorsaak as markwaardes daal.

Ook is daar verskeie afskrywings en eenmalige koste (waaronder die koste van swartbemagtigingstransaksies) wat 'n wesenlike uitwerking op die wins kan hê en 'n maatskappy se ware bedryfsprestasie kan verdoesel.

Dis waarskynlik hoekom soveel klem - ten minste onder professionele beleggers - op bedryfskontant geplaas word wat in die meeste gevalle die gehalte van 'n maatskappy se verdienste kan bepaal.

Finweek se algemene reël is inderdaad dat as 'n maatskappy se bedryfswins nie ten volle of grootliks op die kontantvloeistaat weerspieël word nie, mens enige bewering van verdienstegroei deur die maatskappy sinies moet bejeën.

Om dit duidelik te maak: die VPA-tabel toon die wesensverdienste.

Die wesensverdienste sluit per definisie al die wins en verlies uit bedrywighede, handel en rentebedrywighede in wat deur die jaar beëindig of gekoop is, en sluit die wins of verlies uit die verkoop of beëindiging van bedrywighede, vaste bates of verwante ondernemings wat beëindig is, uit.

Die tabel behels natuurlik meer as wat 'n oogopslag toon.

Mens sou kon dink dat die 40 grootste maatskappye op die JSE - die sogenaamde top-40 - dié sou wees wat die beste ten opsigte van verdienste vaar. Daarenteen sal lesers opmerk dat meer as net 'n handjie vol kleiner maatskappye van die boonste posisies in die tabel beklee.

Die fisieke VPA-syfer het in werklikheid niks te doen met hoe groot 'n maatskappy se wins is nie. Trouens, dis die aantal uitgereikte aandele wat bepaal watter syfer vir die VPA aangeteken word.

'n Maatskappy met 'n verdienste van 100c per aandeel is beslis nie noodwendig groter as 'n maatskappy wat 10c per aandeel verdien nie. XYZ Beherend kan byvoorbeeld 'n wins van R100 miljoen maak, maar 'n VPA van net 10c hê omdat hy 'n miljard uitgereikte aandele het. Daarteenoor het ABC Beherend 'n verdienste van 100c per aandeel omdat die wins van R10 miljoen wat hy verdien het, net tussen 10 miljoen aandele verdeel word.

Die maatskappy wat vanjaar die boonste posisie beklee, is die onedelmetaalspesialis Assore, wat 'n verdienste van meer as R137 per aandeel verklaar het. Selfs al het Assore net 28 miljoen uitgereikte aandele, is dié groot verdienste gelykstaande met 'n wins ná belasting en rente van meer as R3 miljard.

'n Interessante aspek is dat Assore vir Anglo Platinum - wat 'n moeilike 2009 beleef het - boaan die lys vervang het. Maar van die ander hoogaangeslane maatskappye, soos die korttermyn-versekeraar Zurich SA, die boumateriaalverskaffer Masonite, die drankgroep Capevin (vroeër KWV Investments), die beleggingsmaatskappy Eureka Industrial en die nywerheidskonglomeraat Hudaco, is beslis nie in die sogenaamde groot liga wat óf hul wins óf markkapitalisasie betref nie.

Eureka, wat 'n VPA van meer as 600c verklaar het, het net 2,4 miljoen uitgereikte aandele, en Masonite, wat 'n VPA van 1 145c behaal het, net 7 miljoen.

Om die punt verder te illustreer: Masonite, wat 'n wins van sowat R80 miljoen behaal het, beklee op dié uitgawe se lys van nabelaste wins maar die 176ste plek. Ondanks 'n lofwaardige wins van R14 miljoen is Eureka ver buite die top-200-lys wat nabelaste wins betref.

Die waarheid is dat lesers die tabel veel noukeuriger sal moet ondersoek om enige nuttige inligting oor verdienstepatrone op die JSE te kan kry.

Die klein mediamaatskappy African Media Entertainment (AME), wat 'n paar streeksradiostasies besit, troon oor vyf jaar met groei in die VPA van 281% uit. Natuurlik moet mens onthou dat AME se verdienste van 'n baie lae grondslag af kom in wat 'n taamlik uitgerekte ommeswaai was wat van die laat 1990's tot minstens 2004 geduur het. Nogtans is dit geen rede om die groot werk af te kraak wat van AME 'n ware mededinger gemaak het nie.

Dis interessant dat die bemagtigingsgroep Hosken Consolidated Investments (HCI), wat ook die vooraanstaande mediabate e.tv besit, groei van 143% in sy VPA oor vyf jaar aangeteken het. Terwyl e.tv 'n baie winsgewende onderneming is, spruit HCI se verdienstegroei in der waarheid hoofsaaklik uit suksesvolle dobbelbeleggings.

Wat meer tradisionele media betref, het die gediversifiseerde mediakonglomeraat Naspers groei van 22% in die VPA oor vyf jaar behaal, terwyl Kagiso Media s'n 'n meer beskeie 12,6% is.

Wat die resultate oor vyf jaar betref, staan mynboumaatskappye ook uit. Die staalgroep Hiveld het sy VPA oor vyf jaar meer as verdubbel, terwyl African Rainbow Minerals syne byna verdubbel het.

Terwyl Anglo Platinum (42%) mynboubedrywighede se naam hoog gehou het, was dit grootliks miskende aandele, soos Palabora Mining Company (46%), Assore (88%) en Petmin (136%), wat die indrukwekkendste was.

Marc Hasenfuss

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.05
-0.2%
Rand - Pound
23.75
-0.3%
Rand - Euro
20.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.27
-0.3%
Rand - Yen
0.12
-0.1%
Platinum
950.00
-0.3%
Palladium
1,033.00
-0.2%
Gold
2,379.73
+0.8%
Silver
28.41
+0.7%
Brent Crude
87.29
-3.1%
Top 40
66,925
+0.0%
All Share
72,979
-0.0%
Resource 10
62,836
-0.9%
Industrial 25
98,139
+0.3%
Financial 15
15,433
+0.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders