Assore, mede-eienaar van die ystererts- en mangaanprodusent Assmang, se aandeelprys het die meeste in langer as sewe maande gestyg vanweë bespiegeling dat die vroeëre daling oordrewe was.
Die aandeelprys het met tot 6,4% gestyg – die grootste intradag-styging sedert 23 Augustus – en was omstreeks 11:30 sowat 5,6% hoër op R289,02. Kumba Iron Ore se aandeelprys het met 1,5% tot R448,90 gestyg.
“Ystererts-aandele het ’n dag van verligting,” het Ryan Wibberley, ’n handelaar van Investec Batebestuur, gesê. “Hulle het ’n lopie van ’n onderverkoopte posisie af.”
Die styging in dié aandeelpryse kom ná ’n sprong in die pryse van Australiese ystererts-aandele. Atlas Iron se prys het met 9,2% gestyg en Fortescue Metals s’n met 7,3%.
“Die ystererts-sektor het die afgelope tyd swaargekry,” het Wibberley gesê.