Share

JSE se hoofbord nou Rolfes se huis

Johannesburg. – Rolfes Technology Holdings hoop om die JSE se hoofbord rooi – of dalk liewer swart – te verf.

Rolfes vervaardig en versprei verf, ’n wye verskeidenheid ander chemikalieë en ook silika in Suid-Afrika en die res van die vasteland.
Die maatskappy het gister van die JSE se alternatiewe bord, die AltX, na die hoofbord oorgeskuif. Hy het ’n aanvanklike markkapitalisasie van R320 miljoen.

Rolfes het ook onlangs twee nuwe ondernemings ­gekoop as deel van sy groeistrategie. AgChem sal na verwagting in die toekoms ongeveer 25% van Rolfes se omset genereer en die maatskappy groter blootstelling gee aan die mark vir chemiese produkte in die landbousektor.

Amazon Colours is ’n bekende vervaardiger van pigmente vir die verfbedryf en sal Rolfes ook toegang tot ’n nuwe mark gee.

Mnr. Erhard van der ­Merwe, uitvoerende hoof van Rolfes, sê notering op die JSE se hoofbord is ook deel van die maatskappy se groeistrategie. “Ons het in 2007 op die AltX noteer en dit het Rolfes se profiel versterk. Die AltX het ons ’n wonderlike platform gegee vir notering op die hoofbord.”

Rolfes se omset het in die finansiële jaar tot 30 Junie met 24,8% gegroei tot R460,7 miljoen.

Rolfes doen reeds sake in Zambië en is ook besig om kantore in Ghana en Kenia oop te maak.

“Takke in Afrika sal toegang verbeter tot ’n verskeidenheid produkte, waarna daar groot vraag op die vasteland is,” sê hy.
 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
18.93
+0.0%
Rand - Pound
23.90
+0.0%
Rand - Euro
20.41
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.32
+0.1%
Rand - Yen
0.13
+0.0%
Platinum
908.05
+1.2%
Palladium
1,014.94
0.0%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders