Share

Remgro maak portefeulje skoon

Kaapstad. – Remgro het Woensdag ’n groot tree geneem om sy portefeulje skoon te maak deur sy R1,4 miljard-belegging in Nampak te koop aan te bied.

Die Nampak-ooreenkoms sal die derde verandering wees tot Remgro se R64 miljard-portefeulje ná die verkope van sy belang in Xiacom en die voorgestelde ontbondeling van sy belang in die Trans Hex-groep.

Die voorgestelde Nampak-verkope is nie so verrassend nie.

Nampak is nie een van Remgro se kern-bedrywighede nie.

Sy R1,4 miljard-belegging het ’n opbrengs van R73 miljoen in Remgro se wesensverdienste vir die jaar tot einde Maart 2010 getoon.

Mnr. Stephen Meintjies, ontleder by Imara SP Reid, het gesê die Nampak-ontwikkeling is ’n aanduiding is dat daar ’n volgehoue hersiening van strategie by Remgro plaasvind.

“Hulle was baie passief vir ’n geruime tyd, iets is definitief besig om te gebeur by Remgro,” het hy gesê.

Meeste markontleders glo Remgro kyk daarna om van meer van sy kleiner beleggings ontslae te raak, en sy kernportefeulje van nywerheids-, finansiële dienste en tegnologie en media-bates te behou.

Gegewe die inligting lyk dit asof Remgro reeds sterk op pad is om ontslae te raak van sy belang in Dorbyl.

Ander beleggings wat hersien kan word is Wispeco en Total SA. Remgro het ook ’n klein (persentasiegewys) belang in Impala Platinum Holdings, wat sowat R5,7 miljard werd is. – Fin24.com
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
18.93
-0.0%
Rand - Pound
23.90
+0.0%
Rand - Euro
20.40
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.32
+0.1%
Rand - Yen
0.13
+0.0%
Platinum
908.05
+1.2%
Palladium
1,014.94
+1.3%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders