Share

Taai toestande knou Peregrine

Kaapstad. – Die bedryfsinkomste van die batebestuursgroep Peregrine Beherend het in die afgelope boekjaar tot einde Maart met 10% gedaal tot R1,4 miljard.

Dit is deels toegeskryf aan die uitwerking van die sterker rand op inkomste wat oorsee verdien word asook die voortgesette moeilike handelstoestande vir die aandeelmakelary van Peregrine.

Dit is die tweede aandeelmakelary wat vandeesweek verwys het na die moeilike handelstoestande wat nog steeds heers. Cadiz het vroeër die week met die bekendmaking van sy jaarresultate ook verwys na die afname in volume-aandele op die JSE en die termynmark Safex die afgelope jaar.

Die bedryfsinkomste van Peregrine se afdeling vir aandeelmakelary en transaksie-strukturering het in die jaar met 23% gedaal tot R282 miljoen.

Peregrine se bedryfsinkomste word van drie afdelings gekry insluitend dié makelary, welvaart- en batebestuur asook sy oorsese batebestuursfiliaal Stenham. Die maatskappy verdien ook geld uit die belegging van sy eie kapitaal.

Die aandeelmakelary Peregrine Securities se wins het in die jaar met 40% gedaal tot R90 miljoen.

In die kommentaar is gesê die besigheid is ’n groot deelnemer op die plaaslike aandeel- en termynmark en is beïnvloed deur die laer verhandeling. Namate volume en beleggers se aptyt vir risiko teruggekeer het, het die aktiwiteit begin optel van die laagtepunt in die eerste halfjaar.

’n Wesenlike verbetering is in die Suid-Afrikaanse batebestuursafdeling gekry grootliks vanweë die verskansingsfondsbestuurder Peregrine Capital se goeie vertoning. Dié afdeling se bedryfsinkomste is met 18% verhoog tot R478 miljoen. Die wins is 40% hoër tot R161 miljoen.

Dit sluit in die welvaartbestuurder Citadel wat se wins met 3% gestyg het tot R86,8 miljoen. Sy bates onder bestuur het aan die einde van die oorsigtyd R16,2?miljard beloop.

Die groep se vlagskip-verskansingsfondsbestuurder Peregrine Capital het nou R3,2?miljard se bates onder bestuur. Die verskansingsfondse wat bestuur word het bykans almal positiewe opbrengste en prestasiegeld verdien in die jaar.

Die verskansingsfondsbestuurder Big Rock het einde van die oorsigtyd meer as R500 miljoen bestuur.

Peregrine hou ook 49,9% in Caveo – ’n Suid-Afrikaanse fonds wat in verskansingsfondse belê. Caveo het R2,8?miljoen se bates onder bestuur gehad.

Die fondsbestuurder Peregrine iQ, wat geld van institusionele kliënte bestuur, se bates onder bestuur het afgeneem tot R11,6 miljard, maar het winsgewend gebly.

Die inkomste van Stenham – wat oorsee fondse bestuur wat in verskansingsfondse belê en ’n internasionale eiendomsbestuurder het – het met 18% gedaal tot R619 miljoen en die wins met 21% tot R169 miljoen. Dit is grootliks toegeskryf aan die versterking van die rand.

Stenham het einde van die oorsigtyd $2,7 miljard se bates onder bestuur gehad terwyl die eiendomsbestuurder $2 miljard se bates bestuur het.

’n Dividend van 31c per aandeel is verklaar.

Peregrine se aandeelprys het met 1,7% gedaal tot R11,80.
 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.19
+0.1%
Rand - Pound
23.97
-0.1%
Rand - Euro
20.57
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.50
-0.1%
Rand - Yen
0.12
+0.3%
Platinum
912.90
+0.1%
Palladium
1,004.00
-0.1%
Gold
2,318.11
+0.1%
Silver
27.17
+0.0%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,574
0.0%
All Share
74,514
0.0%
Resource 10
60,444
0.0%
Industrial 25
104,013
0.0%
Financial 15
15,837
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders