Trencor besit 48,9% van Textainer Group Holdings. Textainer is die grootste verhuurder van skeepvraghouers ter wêreld en op die New Yorkse aandelebeurs genoteer.
Die spesiale dividend is benewens ’n slotdividend van 150c per aandeel vir 2012. Die volle dividend van 215c per aandeel vir die boekjaar is 23% meer as 2011 se 175c per aandeel.
Volgens die maatskappy sal die netto opbrengs van $75 miljoen wat Halco Holdings gemaak het toe hy 2,5 miljoen aandele in Textainer verkoop het, ook aan Trencor uitgekeer word.
Dié uitkering moet nog deur die direksie van Halco Holdings en die trustee van Halco Trust goedgekeur word.
Trencor is die diskresionêre bevoordeelde van Halco Trust, die alleenaandeelhouer van Halco Holdings.
Die Trencor-direksie beoog om die spesiale dividend in die tweede kwartaal van vanjaar uit te betaal as hulle goedkeuring verkry.
Trencor se wesensverdienste per aandeel het verlede jaar met 13,2% geklim.