Share

Sappi skrik nie vir Suid-Amerika

Kaapstad. – Sappi kan sy man teen Suid-Amerika staan. Dié streek se snelgroeiende pulpbedryf kan trouens sy sake selfs ondersteun.

Suid-Amerika word ’n ál sterker rolspeler in papier en pulp wat die wêreldmark op sy kop draai. Navorsing deur Deloitte wys die streek sal na raming teen 2020 die internasionale papier-en-pulpmark oorheers.

Ralph Boëttger, groep- uitvoerende hoof van Sappi, sê Suid-Amerika is kragtig as ’n laekosteprodusent van pulp en papier vanweë die wesenlike houtvoorraad daar wat baie vinnig groei.

Die laer koste tel in Sappi se guns as aankoper van papierprodukte vir sy Europese mark deurdat dit sy uitgawes sal verminder.

Boëttger het met die aankondiging van Sappi se resultate vir die derde kwartaal aan Sake24 gesê die maatskappy gaan sy glanspapiersake in Europa aansienlik afskaal. Hy is die grootste glanspapierverskaffer ter wêreld.

Swak marktoestande daar het die groep se syfers in die derde kwartaal, wanneer sake gewoonlik swakker is, geknou.

Die tamheid in die Europese mark hou hoofsaaklik verband met die ekonomiese afswaai. “Sodra die ekonomie opswaai, verbeter die vraag na papier ook. Ons blootstelling daar is egter te groot. Ons verwag dat die mark vir glanspapier nog aansienlik gaan inkrimp teen tussen 3% en 6% per jaar oor die volgende vyf jaar.”

Sappi se Europese glanspapiersake word gevolglik geherstruktureer om kapasiteit en koste te verminder. Die uiteinde is ’n kleiner, meer gefokusde afdeling.

Boëttger verwag dat die voordele daarvan in die volgende boekjaar gaan begin deursyfer.

As teenvoeter vir die swakker Europese vraag en die veranderende wêreldmark is Sappi in die proses om al hoe sterker op die verskaffing van chemiese sellulose te fokus. Hy is reeds die grootste verskaffer ter wêreld met ’n markaandeel van sowat 15%.

Sappi se Saiccor-aanleg in KwaZulu-Natal produseer sowat 850 000 ton chemiese sellulose per jaar. Dit word uitgebou tot 1,3 miljoen ton deur die Ngodwana- en Cloquet-meule wat nou in produksie gekom het. Die Noord-Amerikaanse Cloquet-meul het in Junie volle produksie bereik en die plaaslike Ngodwana-meul sal waarskynlik in die volgende drie maande sy volle kapasiteit bereik.

Volgens Boëttger is daar baie min vervaardigers van chemiese sellulose in Suid-Amerika en hou hulle geen wesenlike mededinging vir Sappi in nie.

Chemiese sellulose word gebruik in viskoseveselproduksie wat die tekstielbedryf vir materiaalvervaardiging gebruik. Viskose is ’n plaasvervanger vir katoen en die mark daarvoor groei wesenlik.

Tans is sowat 90% van Sappi se vervaardiging van chemiese sellulose vir die viskoseveselmark. Aankopers is onder meer Indië, Indonesië, China, Thailand, Europa en Amerika.


 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.14
+0.3%
Rand - Pound
23.81
-0.4%
Rand - Euro
20.46
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.39
-0.1%
Rand - Yen
0.12
+0.3%
Platinum
922.80
-0.9%
Palladium
1,027.00
+1.1%
Gold
2,315.81
-0.5%
Silver
27.09
-0.3%
Brent-ruolie
87.00
-0.3%
Top 40
68,051
+0.8%
All Share
74,011
+0.6%
Resource 10
59,613
-2.2%
Industrial 25
102,806
+1.7%
Financial 15
15,897
+1.8%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders