Share

Sappi ly verlies, wil fabrieke sluit

Die papiergroep Sappi het in die kwartaal tot einde Junie ’n verlies van $42 miljoen gely, vergeleke met ’n verlies van $106 miljoen in dieselfde kwartaal verlede jaar.

Indien spesiale items, soos die koste van ’n brand by een van sy Suid-Afrikaanse plantasies, uitgesluit word, het die groep ’n bedryfswins van $8 miljoen (vergeleke met $60 miljoen verlede jaar) behaal.

Die mark in Europa het die afgelope kwartaal verder verswak en daarom beplan die groep nou om “aansienlike kapasiteit” op daardie vasteland te sluit. Dit behoort sy koste te verlaag en bedryfsmarges te verbeter.

Sappi verwag dat sy Europese bedrywighede ’n bedryfsverlies in die vierde kwartaal sal ly, wat daartoe sal bydra dat die hele groep ’n “klein netto verlies” vir die hele finansiële jaar sal aanteken.

Die resultate vir die jaar sal ook benadeel word deur die koste van herstrukturering.

Sappi verwag nie enige groot prysverhogings in sy belangrikste papierprodukte nie.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.21
+0.0%
Rand - Pound
23.95
-0.0%
Rand - Euro
20.58
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.50
-0.1%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
910.90
-0.1%
Palladium
998.00
-0.7%
Gold
2,315.14
-0.0%
Silver
27.11
-0.2%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,574
0.0%
All Share
74,514
0.0%
Resource 10
60,444
0.0%
Industrial 25
104,013
0.0%
Financial 15
15,837
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders