Share

Padbouer neem ongewone besluit

 Bloemfontein. – In ’n jaar waarin die spesialis-padbouer Raubex te kampe gehad het met bitumentekorte, onsekerheid oor die tolstelsel en groot druk op winsmarges, het hy ’n ongewone sakebesluit geneem.

Hy het afgewyk van sy sakemodel, wat streng op padbouwerk fokus, en ’n filiaal, Raubex Infra, gestig wat infrastruktuur vir hernieubare energie, huisvesting, telekommunikasie en pypleidings bou.

Dit was die regte besluit, sê Rudolf Fourie, uitvoerende hoof van Raubex, wat gister sy jaarresultate vir die boekjaar tot 28 Februarie aangekondig het.

Die nuwe afdeling se bestelboek staan reeds op R768 miljoen. Sy bedryfsmarge van 2,3% is egter kleiner as dié van die padbou-filiale. Die kleiner risiko vergoed egter hiervoor.

Raubex het ook bekend gemaak dat hy ’n ooreenkoms met die Mededingingstribunaal bereik het in dié se ondersoek na samespanning in die konstruksiebedryf. Dit moet nog bekragtig word, maar hiervolgens sal die maatskappy ’n boete van R58,8 miljoen betaal.

Hy het reeds in dié boekjaar vir die boete voorsiening gemaak, wat beteken dat sy bedryfswins 9% laer was op R483,8 miljoen as ’n jaar tevore. Daarsonder sou die bedryfswins 2% hoër gewees het.

Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling, het vroeër gesê byna 300 sake van samespanning in die konstruksiebedryf word ondersoek. Samesprekings oor skikkings is aan die gang tussen die tribunaal en 18 konstruksiemaatskappye, insluitend die top-ses.

Fourie is “versigtig optimisties” dat die konstruksiebedryf nou ’n keerpunt bereik het en die vooruitsigte vir die jaar meer stabiel lyk.

“Die gehalte van ons bestelboek is byvoorbeeld baie beter as verlede jaar hierdie tyd s’n – dit is R5,2 miljard teenoor R4,6 miljard.”

Fourie sê die bitumentekort knou steeds die padbousektor, maar Raubex se planne om bitumen in te voer en by sy groter bergingsgeriewe te hou, het sy probleme opgelos.

Die onsekerheid oor die regering se tolbeleid plaas steeds ’n demper op die padbousektor.

Fourie sê dit is dringend dat die regering ’n oplossing vir die tolprobleme verskaf.

“Ons fiskus het nie die vermoë om vir nuwe paaie te betaal nie. Die enigste ander manier om dit te finansier, is as die verbruiker betaal.”



We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent Crude
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders