Share

Imperial se jong hoof bedank

Hubert Brody, die 48-jarige hoof van Imperial, het bedank.

Volgens ‘n verklaring van die groep, wil Brody meer tyd bestee saam met sy familie. Hy meen ook dit is goeie tydstip vir ‘n nuwe leier om toe te tree gegewe die stewige posisie van die groep en sy buitelandse uitbreidingstrategie wat tans ontvou.

Brody tree in die eerste helfte van 2014 uit. Hy sal aanbly as nie-uitvoerende direkteur by die groep.

Brody, ‘n geoktrooieerde rekenmeester, is in 2000 aangestel as die finansiële hoof van Imperial en het in 2007 as hoof oorgeneem.

Imperial, wat in 1947 as ‘n motorhandelaar in die Johannesburgse middestad gevestig het, het toe ‘n groot skuldlas gehad. Tydens Brody se termyn is dié skuld verlaag deur van sy bedrywighede te verkoop.

Imperial is die twaalfde grootste maatskappy in Suid-Afrika wat omset betref. Die groep het 51 000 werknemers, ook in ander Afrikalande, Australië, Europa, Amerika en Brittanje.

In Suid-Afrika is die groep veral betrokke by logistiek. Imperial bedryf ook motorhandelaars, en verskaf finansiering en versekering. Die groep voer Hyundai- en Kia-motors in, en besit ook die motoronderdele-groep Midas.

Imperial is ook betrokke by motorverhuring en toerisme.


Hubert Brody
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.01
+1.1%
Rand - Pound
23.79
+0.7%
Rand - Euro
20.40
+0.8%
Rand - Aus dollar
12.40
+0.7%
Rand - Yen
0.12
+1.2%
Platinum
925.50
+1.5%
Palladium
989.50
-1.5%
Gold
2,331.85
+0.7%
Silver
27.41
+0.9%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.7%
Industrial 25
102,531
-1.5%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders