Share

Oliegroep herskik sy belange

Johannesburg. – Die JSE-genoteerde olie-eksploreerder SacOil het in die halfjaar tot einde Augustus sy drie vennootskappe effens herskik om sy verlies te verminder en sy toekomstige kapitaalbestedingslas te verlig.

Die gewese Samroc het ook kort ná die verslagtydperk sy laaste belang buite die oliesektor, die Greenhills-mangaanaanleg in Suid-Afrika, vir R7 miljoen aan die aanleg se bestuurspan verkoop.

SacOil het ’n klein belang in die sogenaamde Blok 3 aan die oewer van die Albertmeer in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) en twee oliekonsessies in Nigerië, maar dit gaan nog lank neem voordat hulle olie sal lewer.

Die groep kry dus ’n inkomste hoofsaaklik uit die verhandeling van olieregte terwyl hy eksplorasiewerk finansier.

Sy verlies was in die halfjaar R15,1 miljoen teenoor R98 miljoen ’n jaar tevore.

Hy het in die halfjaar ’n kontantinspuiting uit sy DRK-blok gekry toe die oliereus Total sy belang van 60% tot 66,66% vergroot het.

Total, wat verlede jaar sy aanvanklike belang bekom het, het SacOil en sy vennoot Divine Inspiration Group (DIG) $10 miljoen en ’n voorwaardelike bonus van $11,3 miljoen gegee vir die bykomende 6,66%.

SacOil en DIG se belange in hul gesamentlike onderneming, Semliki, is terselfdertyd herskik om SacOil se indirekte belang in Blok 3 op 12,5% te behou.

As deel van die transaksie waardeur Total beheer oor die olieblok oorgeneem het, dek hy die eksplorasiekoste tot en met die ontwikkelingsfase, sê SacOil.

SacOil se 20%-belang in die OPL233- en OPL281-konsessies in Nigerië skep vir hom verpligtinge van $36 miljoen met eksplorasie en betalings aan vennote.

Hy het einde Augustus sowat $10,5 miljoen in kontant gehad.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent-ruolie
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders