Share

Wie koop Highveld?

Johannesburg. – Geheimsinnigheid omring steeds die konsortium wat R3 miljard gaan betaal vir 85% van die land se naasgrootste staalprodusent, Evraz Highveld Steel & Vanadium.

Die Russiese staalreus Evraz het dié disinvestering – teen ’n massiewe verlies – aangekondig in die laaste ure van die Brics-beraad wat verlede maand in Durban gehou is.

Evraz het egter feitlik geen besonderhede verstrek oor die Nemascore-konsortium wat High-veld gaan koop nie.

Alle navrae daaroor het tot dusver op niks uitgeloop nie en selfs lede van Highveld se direksie weet steeds nie wie die maatskappy gaan koop nie.

Vusi Nkosi, uitvoerende hoof van Umnotho weSizwe, bemagtigingsvennoot van Highveld se mynbou-afdeling, sê ’n direksievergadering is belê waarin alles bekend gemaak sal word.

“Tot op hede weet selfs ons nog nie wie Nemascore is nie,” het hy gesê.

Nkosi is ook ’n nie-uitvoerende direkteur van Highveld.

Nemascore is ’n dopmaatskappy wat maar onlangs gestig is en daar is sedertdien nog geen bedrywighede in sy maatskappy-rekords opgeteken nie.

Evraz het die transaksie aangekondig as “die grootste swart ekonomiese bemagtigingstransaksie” wat tot nog toe in die land se staalbedryf beklink is.

Daar is egter nie veel mede­dinging vir dié titel sedert Amsa se omstrede transaksie van R9 miljard met die Ayigobi-konsortium, waarvan pres. Jacob Zuma se seun ’n lid was, geskrap is nie.

Die enigste ander swart ekonomiese bemagtigingstransaksie in die bedryf was toe Scaw Metals in 2007 ’n swart konsortium ’n belang van 21% vir R1,1  miljard in die maatskappy laat bekom het.

Die “aangeduide kontant-oorweging” wat Nemascore vir Highveld gaan betaal, is $320 miljoen. Evraz het dié aandeel in 2006 vir $650 miljoen van Anglo American gekoop.

Die verkoopprys is selfs minder as Highveld se netto batewaarde en laat vrae ontstaan oor die voorwaardes daaraan verbonde. Anders beteken dit dat Evraz eenvoudig oorgretig is om uit die land pad te gee ongeag verliese wat hy daaruit ly.

Die aankondiging sê bloot daar is op ’n voorlopige stel nie-bindende voorwaardes ooreengekom, maar Evraz voorspel dat die transaksie teen die middel van die jaar reeds op ’n formele ooreenkoms sal uitloop.

Gerugte het onmiddellik ontstaan dat die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK) daaragter sit. Die NOK het Scaw Metals verlede jaar vir R3,4 miljard van Anglo gekoop.

Abel Malinga, hoof van mynbou en minerale by die NOK, sê egter dis beslis nie hulle wat Highveld koop nie. “Ons was nie eers daarvan bewus nie. Ons weet steeds nie wie die koper is nie,” het hy gesê.

Die metaalwerkersvakbond Numsa is ook nog nie ingelig wie die maatskappy, met amper 2 000 van sy lede, oorneem nie.

Volgens Stephen Nhlapo, Numsa se hoof vir energie en onedel-metale, het hulle deur die media gehoor die maatskappy word verkoop.

“Ons hoop om dié week ’n vergadering te hou. Jy kan nie dit doen nie. As daar ’n oorname is moet jy vakbonde inlig.”


We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
18.94
-0.2%
Rand - Pound
23.91
-0.1%
Rand - Euro
20.43
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.34
+0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.2%
Platinum
910.50
+1.5%
Palladium
1,011.50
+1.0%
Gold
2,221.35
+1.2%
Silver
24.87
+0.9%
Brent-ruolie
86.09
-0.2%
Top 40
68,346
+1.0%
All Share
74,536
+0.8%
Resource 10
57,251
+2.8%
Industrial 25
103,936
+0.6%
Financial 15
16,502
-0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders