Tongaat Hulett, Suid-Afrika se grootste suikerprodusent wat markwaarde betref, se verdienste het met 30% geklim tot R655 miljoen in die ses maande tot September teenoor die vergelykende tydperk verlede jaar. Die maatskappy se inkomste is 23% hoër op R7,4 miljard en sy verdienste per aandeel is 27% hoër op R5,94 teenoor die ooreenstemmende tyd verlede jaar.
“Die verkoopsvolume van suiker was in die eerste ses maande van die 2012-'13-boekjaar 9% hoër vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Dit is te danke aan hoër suikerproduksievlakke, 'n groter oes en 'n veldtog om die meul-seisoen vroeër af te sluit,” sê die maatskappy in 'n verklaring.
Tongaat verwag nou dat suikerproduksie vir die volle boekjaar tot 15% hoër sal wees, nadat dit reeds verlede jaar met 14% toegeneem het.
Oormatige reënval kan oeste egter benadeel en daartoe lei dat suikerriet oorgedra word na die volgende seisoen, lui die verslag.