Share

Verkope van silwerjuweliersware skitter

Kaapstad. – Silwerjuweliersware laat NWJ se verkope vonkel ten spyte van die druk op verbruikersbesteding – of juis as gevolg daarvan. Mense soek steeds waarde weens die gedempte ekonomiese omgewing, sê Carlo Gonzaga, uitvoerende hoof van Taste Holdings. Gevolglik is silwerjuweliersware gewilder as duurder produkte. Die waarde per transaksie kan wel minder wees, maar meer verkope is moontlik.

NWJ se stelselwye verkope was in die ses maande tot einde Augustus 2013 12% stewiger as dié van ’n jaar tevore.

Volgens Gonzaga ondervind die groep dat die verkope van juweliersware van 18 karaat goud toeneem, hoewel dit duur is.

Hy is versigtig optimisties oor NWJ se verkope in die res van die boekjaar. Histories maak dié afdeling tussen 70% en 75% van sy jaarlikse bedryfswins in die tweede helfte van die jaar en is hy uiters afhanklik van Kersverkope vir sy vertoning.

Die verbetering in Taste se wins uit NWJ hou ook daarmee verband dat nog agt franchises nou onder korporatiewe bestuur is. Die groep het franchises oorgeneem omdat verskeie in die boekjaar tot Mei 2012 moes toemaak toe NWJ, die derde grootste juwelier in die land, gesukkel het.

Tans behoort 29 van die 74 NWJ-takke aan die maatskappy. Volgens Gonzaga beteken dit nie dat dit ’n korporatief bestuurde afdeling gaan word nie – dit sal steeds franchise-gerig wees.

Vir Taste, wat Maxi’s, Scooters Pizza en St Elmo’s in sy stal het, lê die toekoms nog sterk in vis en skyfies en hy beplan om The Fish & Chip Co.-takke uit te brei.

In samewerking met Brimstone Investment Corporation en Nedbank is ’n finansieringsplatform geskep vir diegene wat nie die sekuriteit het om self ’n lening vir ’n franchise aan te gaan nie.

So kan na raming 50 kitskos-franchises oopgemaak word wat ’n groot rol speel in die groep se doelwit om vanjaar 100 nuwe takke oop te maak.

Taste se wesensverdienste per aandeel het in die ses maande tot einde Augustus met 27% tot 5,7c gestyg.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.21
-0.5%
Rand - Pound
23.95
-0.7%
Rand - Euro
20.56
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.48
-0.7%
Rand - Yen
0.12
-0.2%
Platinum
912.40
-0.8%
Palladium
1,005.00
-2.1%
Gold
2,314.58
-0.3%
Silver
27.17
-0.5%
Brent Crude
88.42
+1.6%
Top 40
68,574
+0.8%
All Share
74,514
+0.7%
Resource 10
60,444
+1.4%
Industrial 25
104,013
+1.2%
Financial 15
15,837
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders