Share

Truworths se wenreekse lei tot sterk groei

Kaapstad. – Truworths se goeie mode­keuses lok steeds kopers en verseker gesonde groei. Van daardie einste kopers se swak skuldgeskiedenis kan die klerekleinhandelaar egter op die loopplank laat struikel.

Die groep se bruto marge het in die 26 weke tot einde Desember tot ’n rekord van 57,1% gestyg. Terselfdertyd het sy markaandeel volgens die Retail Liaison Committee verstewig – vir vroueklere van 23,5% tot 23,9% teen einde Desember en vir mans­klere van 20% tot 22,4%.

Volgens ontleders is Truworths se vermoë om goeie mode- en produkkeuses te maak, die grondslag van sy goeie syfers.

Michael Mark, uitvoerende hoof, stem saam. “Die groei in kleinhandelverkope en die bruto marge weerspieël die sukses van ons produkstrategieë om in die vraag van klante te voorsien.”

Truworths se tussentydse dividend is 21% stewiger en die verwaterde wesensverdienste per aandeel byna 20% hoër.

Imara SP Reid meen dis ’n goeie vertoning deur ’n goeie maatskappy, maar hy kan toenemend mededinging verwag. Voorts is die sentiment oor plaas­like kleinhandelaars en ongesekureerde krediet nie baie goed nie.

Truworths se skuldboek het in die ses maande met 15,8% tot R4,5 miljard gegroei. Die netto swak skuld as ’n persentasie van die skuldboek is hoër op 9,3% (van 8,0%). Mark verwag dat dit die groei in rekeninge en terugbetalings gaan raak en streng krediet­beleid word toegepas.

Hoewel swak skuld onsekerheid meebring, ondersoek Truworths uitbreidings­geleenthede.

Mark Sardi, finansiële hoof, sê goeie groei kan op lang termyn in Afrika verwag word. Van sy 591 winkels is 40 elders in Afrika, in onder meer Botswana, Nigerië, Lesotho, Zambië, Mauritius, Ghana en nou ook Angola.

Volgens Imara kan die aandeel fundamenteel as ’n “hou”-aandeel beskou word, maar swak sentiment jeens die kleinhandelsektor kan op kort termyn dié beskouing raak.

 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.20
-0.5%
Rand - Pound
23.91
-0.5%
Rand - Euro
20.53
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.47
-0.6%
Rand - Yen
0.12
-0.3%
Platinum
915.70
-0.5%
Palladium
1,009.50
-1.6%
Gold
2,328.63
+0.3%
Silver
27.31
+0.0%
Brent Crude
88.42
+1.6%
Top 40
68,574
+0.8%
All Share
74,514
+0.7%
Resource 10
60,444
+1.4%
Industrial 25
104,013
+1.2%
Financial 15
15,837
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders