Share

Truworths se aandele skielik uit die mode

Kaapstad. – Truworths was altyd ’n gunsteling onder die plaaslike klerekleinhandelaars – tot Maandag, toe aandeelhouers hom soos ’n warm patat gelos het.

“Dis nou die modebedryf. Nie lank gelede nie kon Truworths niks verkeerds doen nie, nou is hy op pad om afgekraak te word,” sê Warrick Lucas, hoofbeleggingsontleder by Imara SP Reid.

Die groep het Maandag gesê dat sy wesensverdienste per aandeel vir die 52 weke tot einde Junie met tussen 7% en 9% gaan styg.

Dit is heelwat onder die I-Net Bridge­-konsensusraming van 14% en sy aandeelprys het gevolglik met sowat 7% geval.

Die kleinhandelaar skryf sy vooruitsigte hoofsaaklik toe aan die verswakte kredietomgewing, wat groei in aktiewe rekeninge geknou en swak betalings vermeerder het. Kredietverkope het 72% van die totale verkope bygedra, teenoor 73% die vorige jaar.

Kredietkleinhandelaars het die afgelope paar jaar stewig gegroei danksy die sterk vraag na en aanbod van krediet. Die partytjie het fut verloor namate finansiers ongesekureerde lenings afskaal.

By ontleders is daar geen twyfel nie dat die krediet­omgewing Truworths se handel die afgelope 12 maande geknou het.

Volgens Abdul Davids, hoof van navorsing van Kagiso Batebestuur, het kredietkleinhandelaars soos Truworths die afgelope paar jaar tussen 90% en 100% van hul groei aan kredietverkope toegeskryf.

“Die kredietomgewing raak kleinhandelaars soos Truworths en Foschini baie erger as Mr Price en Woolworths wat nie so afhanklik van kredietverkope is nie,” sê Christopher Gilmour, ontleder by Absa Batebestuur.

Die gehalte van Truworths se verdienste uit lenings het ook verswak.

“Tien jaar gelede was die leningstydperk tussen 6 en 12 maande. Dis nou aansienlik langer, wat uiteindelik ’n uitwerking op die balansstaat het weens die verskil in die verwagte en werklike verdienste,” sê Davids.

Die uitwerking van die moeiliker kredietomgewing word vererger deur die druk op verbruikersbesteding weens hoë skuldvlakke en stygende dienstepryse asook inflasie.

Volgens Davids is dit moontlik dat Truworths effens markaandeel kon verloor het.

Sy verkope was die afgelope tyd waarskynlik ook onder druk weens die warm weer wat nie werklik al die wintervoorraad geregverdig het nie. “Al die klerekleinhandelaars is egter in dieselfde bootjie,” sê Gilmour.

Die risiko’s van Truworths se verdienstegehalte en die kredietomgewing maak sy aandeelprys minder aantreklik. Die prys-verdienste-veelvoud is nou 14, maar Davids sê hy sou ’n groter diskonto op die aandeelprys verkies het weens die risiko’s. Lucas meen Truworths kan as ’n koop beskou word vir geduldige beleggers.

Dit is nie net Truworths se aandeelprys wat verswak het nie. Foschini s’n is ’n allemintige 45% laer as ’n jaar gelede.

“Foschini het dieselfde probleem met kredietverkope en die gehalte van sy verdienste wat verswak. Hy het ook die kredietverskaffer RCS Group, wat nog meer druk op hom plaas,” sê Davids.


 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.07
+0.5%
Rand - Pound
23.59
+1.0%
Rand - Euro
20.32
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.25
+0.4%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
941.70
-0.9%
Palladium
1,022.50
-0.7%
Gold
2,394.95
+0.7%
Silver
28.74
+1.8%
Brent-ruolie
87.11
-0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders