Share

Truworths: Dié klere stel teleur

Kaapstad. – Rokkies wil sy dra en almal kyk daarna – veral by Truworths se Identity en LTD.

Die Truworthsgroep het sy aandeel van die vroue- en manskleremark vergroot en ook twee mylpale bereik: Sy kleinhandelverkope het die R10 miljard-kerf verbygesteek en die getal winkels is verby die 600-kerf.

Soos verwag, het die taai kredietomgewing egter Truworths se handel geknou.

“Ons verwag nie dat die kredietomgewing in die komende jaar gaan verbeter nie. Dit gaan steeds druk op rekeninggroei en kredietverkope plaas,” sê Michael Mark, uitvoerende hoof.

Abdul Davids, hoof van navorsing van Kagiso Batebestuur, verduidelik dat kredietkleinhandelaars soos Truworths nou die wind van voor kry, want kredietverkope plat af. In die verlede het dié kleinhandelaars tussen 90% en 100% van hul groei daaraan toegeskryf.

In die oorsigjaar het Truworths se skuldboek met 11% tot R4,2 miljard gegroei.

Sy netto swak skuld as ’n persentasie van die skuldboek het tot 10,4% (7,9%) geklim en sy handelsuitgawes was 16% meer, hoofsaaklik weens debiteurskoste weens die swakker kredietomgewing.

Kredietverkope maak nou 72% (73%) van alle verkope uit.

Mark is veral tevrede met die Truworths-mansafdeling en Identity se vertoning.

Albei se verkope het met 13% tot onderskeidelik R1,9 miljard en R1,6 miljard geklim.

Die verkope van die Truworths-vroueklere-afdeling, wat 36% van die groep se verkope uitmaak, het met 9% tot R3,7 miljard verbeter.

Die veel kleiner LTD het ook stewig gevaar en sy verkope met 15% tot R405 miljoen opgestoot.

YDE het egter ’n skrale 1% meer verkope (tot R278 miljoen) aangeteken. “YDE se syfers was teleurstellend. Hy behoort egter in die komende maande beter te vaar,” het Mark aan Sake24 gesê. Volgens hom is een van die YDE se grootste probleme dat hy alles plaaslik vervaardig en nie invoer nie, wat produkverkryging bemoeilik.

Die groep se kleinhandelverkope het in die oorsigjaar met 10,7% tot R10 miljard verbeter. Sy aandeel van die vrouekleremark het tot 21,7% (21,2%) uitgebrei en van die manskleremark tot 22,6% (22,4%).

Volgens Mark word stewige groei vir die volgende vyf jaar in Afrika beplan. Hy doen reeds in agt lande sake en beplan uitbreiding daar. In die oorsigjaar is winkels in Lesotho, Zambië en Nigerië oopgemaak en Angola is volgende in die oog.
 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.04
+0.9%
Rand - Pound
23.83
+0.5%
Rand - Euro
20.43
+0.6%
Rand - Aus dollar
12.39
+0.7%
Rand - Yen
0.12
+1.0%
Platinum
920.50
+0.9%
Palladium
981.50
-2.3%
Gold
2,330.33
+0.6%
Silver
27.33
+0.6%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.8%
Industrial 25
102,531
-1.4%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders