Share

Ontbyte, weeksdagpromosies help Spur

Kaapstad. – Pierre van Tonder, uitvoerende hoof van Spur Corpora­tion, wéét van innoverend wees. Die restaurantgroep het in die ses maande tot einde ­Desember sy groepomset met sowat 40% laat verstewig en markaandeel in die mark vir gesinsrestaurante gewen, te midde van die groot druk op verbruikersbesteding.

Die geheim is ’n aggressiewe bemarkingstrategie en om ­kliëntlojaliteit te bou, sê hy.

Twee planne word vir die volgende ses maande in die vooruitsig gestel, maar Van Tonder wou nog nie kommentaar daarop lewer nie.

Die groep se Spur Steak Ranches en Panarottis Pizza Pasta het koning gekraai met stygings in omset. Spur se suksesresep is sy ontbyt- en weeksdagpromosies.

Panarottis het ook promosies op weeksdae. Verskeie takke is opgeknap en ’n nuwe spyskaart het pizza- en pasta-eters nog meer laat smul.

John Dory’s Fish Grill Sushi se groei was heelwat matiger. In die ses maande is die DoRego’s-franchise deur die groep oorgeneem en nege nuwe takke is geopen.

Spur se sake in die Verenigde Koninkryk het ten spyte van die gedempte mark daar sterker vertoon. Die groep se groei in Afrika is stabiel, maar in Australië is markomstandighede steeds nogal beroerd.

Nog uitbreiding van Spur-takke is op Afrika gefokus, met nuwe takke wat in Kenia en Mauri­tius oopgemaak het.


We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
18.89
+0.2%
Rand - Pound
23.84
+0.2%
Rand - Euro
20.36
+0.4%
Rand - Aus dollar
12.31
+0.3%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
908.05
0.0%
Palladium
1,014.94
0.0%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders