Share

Spur-hoof deel sy suksesresep

“As jy die Indiaan sien, moet jy weet jy kan die aanbod vertrou. Maak nie saak of die Spur in Seepunt of Polokwane is nie.”

Pierre van Tonder is so opgewonde oor Spur soos ’n seuntjie wat sy vyfde verjaarsdag in dié restaurant vier.

Daar is baie strategiese en toegewyde maatskappyhoofde, ja. Maar hier is ’n deeglike skoot entoesiasme en energie (ná 30 jaar by die groep) waarvoor menige direksie sy voortande sal gee.

Van Tonder het in 1983 deel van die Spur-groep geword toe hy as ’n opleidingsbestuurder by die Seven Spur in Seepunt begin het. Destyds was die Spur-familie nog baie klein.

Die eerste restaurant, die Golden Spur in Nuweland, is in 1967 deur Allan Ambor oopgemaak. Toe Van Tonder in 1986 as streeksbestuurder vir Spur in Johannesburg aangestel is, was daar maar 13 restaurante in die hele Gauteng en 43 landwyd.

Spur se groot mededingers was die tradisionele steakrestaurante, maar hy het met sy fokus op die hele gesin vinnig ’n nismark vir hom geskep. “Dit was baie innoverend vir daardie tyd,” sê Van Tonder.

1986 was ook die jaar waarin Spur op die JSE – toe die Johannesburgse aandelebeurs – genoteer het. Van toe af was daar geen keer aan hom nie.

Van Tonder het in 1995 mede-besturende direkteur van die Spur Corporation geword en in 1996 alleen die besturende direkteur. Hy is nou uitvoerende hoof van die restaurantgroep.

“Jy doen oor die jare baie ondervinding op. Dit was nie altyd maklik nie, maar jy leer juis uit sulke gevalle waardevolle lesse. Aan die ander kant was daar ook wonderlike ervarings van hoe mense met die handelsnaam interaksie het.”

Nou, meer as vier dekades later, is Spur so deel van Suid-Afrika soos Mrs Balls-blatjang. Die kenteken het oor die jare ontwikkel vanaf die oorspronklike cowboy-stewelspoor tot die kenmerkende In­diaan.

Van Tonder sê hulle is baie gelukkig met die handelsnaam. In ’n moeilike politieke omgewing vir Suid-Afrika was die beeld van die Indiaan heeltemal onafhanklik om besoekers van enige gemeenskap te verwelkom.

“Baie mense sê die restaurant verander nie juis nie, maar dit is glad nie die geval nie. Die naam is dieselfde, maar die groep ontwikkel deurgaans om met veranderende markomstandighede tred te hou.

“Mense se leefstyl en eetgewoontes verander deurlopend en jou restaurante en spyskaart moet daarby aanpas.”

Die ekonomie is ’n uitdaging. Die maatskappy moet in ’n moeilike omgewing markaandeel behou. Die antwoord is nou aggressiewe promosieveldtogte soos ontbyt, spesiale aanbiedings en ’n lojaliteitskaart. Volgens ontleders is dit juis Spur se waarde-aanbod wat maak dat klante hom in goeie én slegte tye ondersteun.

Maak nie saak hoe die ekonomie of markomstandighede verander nie, Van Tonder benadruk dit dat Spur ’n restaurant moet bly waar ’n hele gesin welkom is en goeie waarde kry.

“Dis kritiek dat besoekers ’n goeie ervaring moet hê. Dit is waaroor die handelsnaam gaan, want dan ontwikkel vertroue, maak nie saak watter restaurant iemand besoek nie. As ek hoor van klagtes, rys my nekhare.”

Daarom is Van Tonder in besonder passievol oor die opleiding van franchisehouers. “Hoe die mense die restaurante bedryf, is die dryfveer agter Spur. Dis die heel belangrikste, want dit wat hulle aanbied, beeld die maatskappy uit.”

In die drie dekades dat hy by die restaurantgroep is, het sy gesin ook deel van die Spur-familie geword.

“Hulle het vele Spur-etes agter die blad,” vertel hy. Sy dogter is oorsee, maar sy seun is nog ’n gereelde Spur-besoeker. Hy bring self veral tyd in die Spur-takke op die Kaapstadse en O.R. Tambo-lughawe deur. Sy gunsteling-gereg is ’n Spur-T-been.

Wat is sy suksesresep vir Spur, buiten ’n werklike passie vir die maatskappy, van die verskaffingsketting tot by die franchisehouers?

Dít vertel hy, is die belangrikste sakeles wat hy in sy jare by die groep geleer het: “Jy is net so goed soos die laaste maaltyd wat jy bedien het. Dis die een ding wat uiters belangrik is, want dit is hoe die hele restaurantgroep geoordeel word. Dis hoe jy die mark penetreer en goed vaar of klante teleurstel. Ek kan nie genoeg klem daarop lê nie.”


Pierre van Tonder, besturende direkteur van Spur. Foto: Lerato Maduna

Daar is vandag 259 Spur Steak Ranches in Suid-Afrika en 36 internasionaal. Die groep het ook uitgebrei met Panarottis Pizza Pasta, John Dory’s Fish, Grill & Sushi en DoRego’s, waarvan daar onderskeidelik 58, 28 en 17 in die land is. Buite Suid-Afrika het hy 12 Panarottis en een DoRego’s.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.22
-0.6%
Rand - Pound
23.90
-0.5%
Rand - Euro
20.55
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.50
-0.8%
Rand - Yen
0.12
-0.5%
Platinum
911.90
-0.9%
Palladium
1,010.50
-1.5%
Gold
2,317.51
-0.2%
Silver
27.14
-0.6%
Brent Crude
88.42
+1.6%
Top 40
68,677
+0.9%
All Share
74,632
+0.8%
Resource 10
60,155
+0.9%
Industrial 25
104,217
+1.4%
Financial 15
15,944
+0.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders