Share

Pick n Pay wil glo ontslae raak van bestuurders

Pick n Pay Stores, Suid-Afrika se naasgrootste koskleinhandelaar, gaan moontlik bestuursposte skrap in ’n poging om sy bedryfskoste te verlaag nadat sy jaarwins met 51% geval het.

Na verwagting gaan dit grootliks vrywillige skeidingspakkette behels, en dit gaan fokus op die hoofkantoor en streekskantore, het Business Day vanoggend berig.

Isaac Motaung, direkteur van mensehulpbronne, wou egter nie meer besonderhede verskaf oor dié afleggings nie.

Michael McLeod, ’n ontleder van Avior Research, sê Pick n Pay het heeltemal te veel bestuurders op die middelvlak en dit is baie moeilik om teen sy huidige winsmarges mee te ding. “Ek het vetroue dat Richard Brasher (die nuwe uitvoerende hoof) koste sal besnoei en ontslae sal raak van ondoeltreffendhede.”

Brasher, voorheen hoof van die kleinhandelreus Tesco se Britse bedrywighede, het hom in Februarie by die maatskappy aangesluit. Hy het in April gesê hy is optimisties dat die groep sy marges kan verbeter.

Pick n Pay se netto inkomste het tot R550,6 miljoen geval in die 12 maande tot einde Maart. Die groep het markaandeel afgestaan aan Shoprite.

McLeod sê die groep sal sleutelbestuurders moet behou en ontslae raak van oortollige werknemers. “Dit is egter makliker gesê as gedaan.”

Sowat 650 werknemers het in 2011 ingestem om vroeg af te tree en die kleinhandelaar het toe ook met die SA Commercial, Catering and Allied Workers Union ooreengekom om buigsame werksreëlings in te stel sodat grootskeepse afleggings vermy kon word.

Pick n Pay se aandeelprys het tot dusver vanjaar met 18% geval. Teen 13:30 op Woensdag het die aandeelprys 1,8% verloor tot R36,57.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.08
+0.4%
Rand - Pound
23.61
+0.9%
Rand - Euro
20.33
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.25
+0.4%
Rand - Yen
0.12
+0.3%
Platinum
942.60
-0.8%
Palladium
1,023.50
-0.6%
Gold
2,394.84
+0.7%
Silver
28.77
+1.9%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders