Share

SA IT-groep bloei weens FBI-ondersoek






Net1 UEPS Technologies se aandeelprys het binne ’n paar uur amper gehalveer ná die nuus dat die groep in Amerika ondersoek word weens korrupsie.

Net1 het Woensdag teen 14:00 43% van sy waarde verloor en teen R38 verhandel. Die aandeelprys het vanjaar ’n hoogtepunt van R88 bereik, maar het vroeër Woensdag tot R30 – ’n rekordlae vlak – getuimel.

Die groep word deur die Amerikaanse federale speurdiens (FBI) en die land se departement van justisie ondersoek weens sy moontlike omkopery van Suid-Afrikaanse regeringslui om die R10 miljard-tender om maatskaplike toelaes te administreer, los te slaan.

Dié groep word ook deur die Amerikaanse sekuriteitereguleringskommissie (SEC) ondersoek, is gister in ’n verklaring gesê.

Dié ondersoeke gaan oor omkoopgeld om die tender te bekom sowel as Net1 se uitlatings oor die kontrak in sy SEC-dokumente.

Net1 het in Januarie die drie-jaar-tender by die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekuriteit (Sassa) losgeslaan om teen ’n eenheidskoste van R16,50 al die land se miljoene maatskaplike toelaes uit te betaal met onder meer die gebruik van ’n nuwe biometriese stelsel. Dié tender is einde Augustus deur die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria as “onwettig en ongeldig” bestempel ná ’n hofaansoek deur ’n Absa-filiaal Allpay, wat ook om die tender gebie het.

Die hof het bevind die tender-komitee het ’n gebrekkige proses gevolg en Net1 se filiaal Cash Paymaster bó Allpay bevoordeel.

Sedertdien het verskeie gerugte van omkopery en tender-knoeiery die ronde gedoen, hoewel die tender nie gekanselleer is nie omdat die onderbreking van die stelsel onaanvaarbaar sou wees.


We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.20
-0.2%
Rand - Pound
23.90
-0.3%
Rand - Euro
20.45
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.32
-0.2%
Rand - Yen
0.12
-0.4%
Platinum
947.20
-0.3%
Palladium
1,023.50
-0.6%
Gold
2,385.69
+0.3%
Silver
28.37
+0.5%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
66,617
-0.9%
All Share
72,677
-0.8%
Resource 10
62,814
-0.8%
Industrial 25
97,435
-1.0%
Financial 15
15,400
-0.5%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders