Die aandeelprys van Datatec het met meer as 2% gedaal nadat dié IT-groep gewaarsku het hy sal nie aan sy winsverwagtinge voldoen nie.
In die verklaring het Datatec vanoggend gesê sy Westcon-filiaal se vertoning in die derde kwartaal was swakker as verwag.
Die groep skryf die verwagte swak prestasie toe aan swak handelsomstandighede in Europa asook die invloed van die Sandy-superstorm op sy Noord-Amerikaanse bedrywighede.
Die maatskappy verwag 'n wesensverdienste per aandeel van sowat 50 Amerikaanse sent vir die boekjaar tot einde Februarie. Sy inkomste sal na verwagting tussen $5,5 miljard en $5,8 miljard wees.
Datatec se aandeelprys was teen 10:35 2,3% laer op R54,42.
Datatec het verlede week aangekondig hy gaan Comztek Holdings, 'n verspreider van harde- en sagteware in Afrika, teen R88 miljoen koop.