Share

Datatec pluk vrugte van diversifikasie

Datatec, die internasionale tegnologiemaatskappy wat in Johannesburg en Londen genoteer is, het in die boekjaar tot einde Februarie die vrugte gepluk van diversifikasie van bedrywighede en geografiese gebiede.

Hoewel die bedrywighede van Westcon, die groep se verspreider van tegnologie, in die tweede helfte van die boekjaar die wind van voor begin kry het weens swakker ekonomiese toestande in Noord-Amerika en Europa, het die ander filiaal Logicalis sy beste resultate nog behaal. Logicalis, wat in integrasie en die verskaffing van dienste spesialiseer, vaar veral goed in ontluikende markte soos Suid-Amerika, Asië, die MiddeOoste en Afrika.

Die streke se bydrae tot die groep se inkomste het in die boekjaar van 33% tot 36% toegeneem terwyl die bydrae tot die bruto wins van 40% tot 43% gestyg het.

Die maatskappy sê dit was grootliks te danke aan die diversifikasie dat die groep ondanks die afswaai in Westcon se bedrywighede steeds sy inkomste met 4% tot $5,25 miljard kon verbeter.

Daarby was winsgrense ook hoër, wat daartoe gelei het dat die bruto wins met 11% tot $780,3 miljoen verbeter het.

Die koste van oornames, asook langtermyn-kredietooreenkomste vir bedrywighede in Suid-Amerika wat die rentelas skerp laat styg het, het die toeskryfbare wins egter laat daal.

Die verdienste per aandeel was 43,1 Amerikaanse sent teenoor die vorige jaar se 47,9c.

Die maatskappy is egter so optimisties oor die toekoms dat daar besluit is om die finale dividend te handhaaf, ondanks ’n beleid om die dividenddekking op drie te hou. Dit beteken dat die totale uitkering vir die jaar met 6% van die vorige jaar se 16c tot 17c verhoog is. Vir die volgende jaar word voorspel dat die verdienste per aandeel tot 50c per aandeel kan verbeter.

Westcon het onder meer oornames in Indonesië, Afrika, Suid-Amerika en Oostenryk gedoen.

Die verkryging van Comztek in Suid-Afrika is nog onderhewig aan die goedkeuring van die mededingingsowerhede waar die maatskappy sake doen, maar die proses is grootliks afgehandel.

Logicalis het in die afgelope boekjaar verkrygings in Australië, Colombia en Ecuador gedoen en het ná die sluiting van die boekjaar vier Europese bedrywighede van 2e2, met die uitsondering van die Britse bedrywighede, oorgeneem.

Logicalis se bydrae tot die groep se wins het in die boekjaar net van 25% tot 26% gestyg, maar die bydrae tot die wins voor belasting, rente en afskrywings het van 36% tot 40% toegeneem.

Westcon se bydrae tot die groep se inkomste het net met een persentasiepunt tot 73% gedaal.


We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.07
+0.5%
Rand - Pound
23.60
+1.0%
Rand - Euro
20.32
+0.4%
Rand - Aus dollar
12.24
+0.5%
Rand - Yen
0.12
+0.5%
Platinum
942.20
-0.9%
Palladium
1,019.50
-1.0%
Gold
2,393.49
+0.6%
Silver
28.71
+1.7%
Brent-ruolie
87.11
-0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders