Share

PSG beboet ná oortreding

Kaapstad. – Die PSG-groep se batebestuursmaatskappy is beboet ná ’n oortreding van die wet op langtermynversekering.

Dié oortreding hou verband daarmee dat PSG Asset Management aandele van ’n lewensversekeraar in die groep se stal bekom het sonder vooraf-toestemming van die registrateur van langtermynversekering.

Die Raad op Finansiële Dienste het in ’n verklaring gesê die oortreding is tussen Februarie 2011 en Maart 2012 begaan.

Dit hou verband met ’n 100%- belang wat in PSG Asset Man­agement Life Beperk bekom is. Dié maatskappy is ’n geregistreerde versekeraar ingevolge die wet.

PSG Asset Management is met R250 000 beboet nadat versagtende omstandighede in ag geneem is, waaronder dat die verandering in die aandeel­houding nie kwaadwillig bedoel was om die registrateur te mislei nie en dat polishouers nie as gevolg van die oortreding skade gely het nie.

PSG Asset Management Life was eers PSG FutureWealth.

In verlede jaar se groep-jaarverslag is gesê PSG Asset Man­agement het op 1 Maart 2011 met PSG Konsult saamgesmelt.

PSG Asset Management is gevorm toe die maatskappye binne PSG Fund Management (PSG Alphen, PSG Tanzanite, PSG Absolute Investments en PSG FutureWealth) saamgesmelt is.

PSG Fund Management Holdings (Edms.) Bpk. het sy naam in PSG Asset Management (Edms.) Bpk. verander.

’n Nuwe beheermaatskappy is toe gestig, naamlik PSG Asset Management Holdings (Edms.) Bpk. Dis dié maatskappy wat die boete moet betaal.

PSG FutureWealth was voorheen Alternative Channel, waarvan 80% in Desember 2007 van Channel Life bekom is.

FutureWealth is in dié jaarverslag aangedui as 80% besit deur PSG Financial Services Beperk, wat 100% deur die ge­noteerde PSG Group Beperk besit is.

Op 1 Maart 2010 het PSG Fund Management die oorblywende 20%-minderheidsbelang in PSG FutureWealth bekom.

Tans word aangedui PSG Asset Management Holdings is ’n volfiliaal van PSG Konsult Beperk wat 71,3% deur PSG Financial Services Beperk besit word.

PSG Asset Management hou 100% van die verskeie onder­liggende maatskappye wat die lisensies hou waaronder handel gedryf word, insluitende PSG Asset Management Life.

Adv. Leon Taylor, uitvoerende hoof van nakoming en regsdienste van PSG Konsult, het in reaksie gesê dit was ’n administratiewe glips.

“In 2011, as deel van die herstruktureringsproses in PSG, is besluit om aandeelhouding intern van een regsentiteit aan ’n ander oor te dra, ongelukkig sonder toestemming, wat ’n administratiewe fout was.”

Daar was geen kwaadwillige bedoeling nie en geen kliënte is benadeel nie, het hy gesê, en PSG het ten alle tye met die registrateur saamgewerk.
 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.18
-0.1%
Rand - Pound
23.89
-0.3%
Rand - Euro
20.45
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.32
-0.1%
Rand - Yen
0.12
-0.2%
Platinum
945.80
-0.5%
Palladium
1,014.50
-1.5%
Gold
2,384.14
+0.2%
Silver
28.34
+0.4%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
66,843
-0.5%
All Share
72,887
-0.5%
Resource 10
63,141
-0.3%
Industrial 25
97,689
-0.7%
Financial 15
15,426
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders