Johannesburg. - Investec het Woensdag aangekondig sy verwaterde
wesensverdienste per aandeel het gedaal.
Dit is vir die ses maande geëindig September 2010 af na 18,6
pennies - van 19,5 pennies ’n jaar vroeër.
Die groep sê aangepaste verdienste per aandeel wat af is met 7,9%
is hoofsaaklik te wyte aan meer aandele wat uitgereik is nadat Rensburg
Sheppards bekom is.
Die dividend - in Rand-terme - is 90 sent hierdie keer teenoor 100
sent ’n jaar gelede.
Die kredietverlies-verhouding is egter af van 1,16% na 1,02%.
Bedryfswins - uitgesluit die 46 miljoen pond gemaak uit die verkoop
van skuld - is op met 34,2% na 228,2 miljoen pond. - I-Net Bridge.