Share

PSG vs. PSG Konsult

’n Leser skryf: Ek het R50 000 om te belê en oorweeg om aandele in PSG, die moedermaatskappy, te koop.

Maar ek oorweeg ook ongenoteerde aandele in PSG Konsult, aangesien hy skynbaar volgende jaar gaan noteer. (Sake24 het vroeër vanjaar berig dat die finansiëledienstemaatskappy PSG Konsult oorweeg om teen die tweede helfte van 2014 te noteer: Lees meer). Daar is egter nie sekerheid nie en sy dividendbetaling is laer as die inflasiekoers.

My oorweging is dus die moedermaatskappy omdat dit aan my groter dekking aan die mark verskaf met sy belange in onder meer Capitec, Zeder en Curro.

Simon Brown, stigter van die beleggingswebwerf justonelap.com:

PSG is ’n bestendige groep met ’n klomp onderliggende ondernemings – insluitende Zeder (kos), PSG Konsult (beleggings), Curro (“goedkoperige” private onderwys) en Capitec (ongesekureerde lenings en goedkoper bankwese – wat die golf kan ry van die groeiende middelklas in Suid-Afrika en Afrika.

Dis ’n goed bestuurde maatskappy met wonderlike bates. Teen ’n prys-verdienste van sowat 13,3 keer (en ’n dividendopbrengs van 1,7%) bied dit redelike waarde op die middeltermyn.

Ek sou nie daar teen gekant wees om teen huidige vlakke te koop nie.

Miskien sou ek oorweeg het om die grootste deel van die beleggings – sê sowat R40 000 – in PSG te belê en die res in die ongenoteerde aandele van PSG Konsult, wat na verwagting sal styg wanneer hy noteer.

Het jy ’n vraag oor jou finansies? Stuur dit na helena@sake24.com. Ons sal ’n kenner nader vir advies, maar nie jou naam of besonderhede met ander partye deel nie.

Die antwoorde wat in Geldkliniek verskaf word, is die menings van kenners en nie noodwendig dié van Sake24 nie. Kontak ’n adviseur vir persoonlike advies.


We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
18.97
+0.0%
Rand - Pound
23.63
-0.1%
Rand - Euro
20.19
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.19
+0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.3%
Platinum
980.90
+0.5%
Palladium
1,021.00
-0.2%
Gold
2,373.99
-0.4%
Silver
28.38
-1.7%
Brent Crude
90.10
-0.4%
Top 40
67,150
-1.8%
All Share
73,270
-1.7%
Resource 10
61,832
-3.2%
Industrial 25
98,914
-1.2%
Financial 15
15,652
-1.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders