Related Articles
Top Stories
Feb 13 2012 12:15
Miner Xstrata says it has brought forward maintenance on two furnaces to assist Eskom to save power.
Feb 13 2012 10:43
Although jobs were created, the economy is still 420 000 jobs short of the peak employment level before the 2009 global financial crisis, says Adcorp.
Feb 13 2012 07:58
Greek lawmakers have approved a new round of drastic austerity measures after a long day of street battles between police and protesters left dozens injured.
EKONOMIESE GROEI in die eurogebied was in die tweede kwartaal verrassend goed, met Duitsland aan die voorpunt. Die Duitse ekonomie is deur sy lewendige uitvoersektor aangehelp namate die wêreldhandel ná die resessie sterk herstel het. Die jongste aanwysers toon egter dat die spitsgroeikoerse van die handelsiklus nou agter ons lê en dat handelsbedrywighede, tesame met die wêreldekonomie, begin verlangsaam.
Ordentlike groei MERRILL LYNCH sê groei in die eurogebied was in die tweede kwartaal sterker as wat verwag is. Die bruto binnelandse produk (BBP) was in die tweede kwartaal 1% hoër as in die eerste kwartaal en beter as die konsensusvoorspelling van 0,7%. Dit was die sterkste groeikoers sedert die tweede kwartaal van 2006. Duitsland het met 2,2% op ’n kwartaalgrondslag gegroei, of 9% geannualiseerd. Die tweede kwartaal het ordentlik begin, ofskoon laer.
Die buiterand sukkel PERIFERE LANDE in die eurogebied het swakker as die kernlande gevaar. Griekeland se bruto binnelandse produk (BBP) was in die tweede kwartaal 1,5% laer op ’n kwartaal-tot-kwartaalgrondslag, terwyl die werkloosheidskoers onverwags van 11,9% in April tot 12% gestyg het. Nadat Spanje in die eerste kwartaal uit ’n resessie van 18 maande getree het, het hy in die tweede kwartaal met net 0,2% gegroei. Fiskale besuiniging duur voort in dié lande.
Handelsbedrywighede neem af MERRILL LYNCH sê een van die groot stories die afgelope jaar was die sterk herstel in wêreldhandel. Tydens die resessie het handelsbedrywighede afgeneem en daarna ewe dramaties verbeter. Die spitsgroeikoerse in die handelsiklus lê nou agter ons en, soos die internasionale ekonomie in die algemeen, begin handelsbedrywighede ook verlangsaam. Die verlangsaming blyk duidelik uit die momentumaanwyser.
Wanbalanse weer met ons DIE WANBALANS tussen Amerika se handelstekort en dié van lande soos China was ’n probleem voordat die krisis die wêreld getref het – party sal selfs sê ’n oorsaak daarvan. Tydens die krisis het die wanbalans gekrimp. Daar is nou ’n konvergensie terug na tendensgroei, wat Merrill Lynch sê waarskynlik tot ’n paar taamlik groot wanbalanse sal lei. Amerikaanse tekorte vergroot tydens ’n herstel.