Register now for Fin24 Dashboard and get access to portfolios, watchlists, financial comparison tools, and a whole lot more to help you achieve your financial goals.

Data provided by McGregor BFA
All data is delayed
Loading...
Where am I? Home
 
Prices are delayed by 15min.
Join the Fin24.com conversation about JSE-listed stock by using every time you tweet.

Vang die aksie vas

Simon Dingle

Related Articles

 

Top Stories

Cell C move sparks price war

May 27 2012 11:21

There's a price war raging between South Africa's cellphone networks after Cell C lowered the rates of its prepaid calls by more than 34%.

Another golf estate victim

May 27 2012 13:09

The oversupply of golf estates has claimed another victim.

MyCiti buses running at a loss

May 28 2012 07:53

The City of Cape Town has spent R175m running the Myciti bus service since the Soccer World Cup compared to an income of R35m, a report says.

 
Share Share line Print
Ek is nou nie juis wat ’n mens ’n buitelugpersoon sou noem nie. Die meeste sportsoorte wat in woude plaasvind, lyk na ’n slegte idee vandat ek die rolprent gesien het oor die bergfietsryer wat sy eie arm moes afkap. Maar vir mense wat wel daarvan hou om ’n verlore stryd teen die natuurkragte te voer, het Oregon Scientific ’n kamera ontwikkel wat jy kan gebruik om foto’s en video’s van jouself te neem terwyl jy jou nek breek.

Die ATC 9K is ’n “aksiekamera” wat op helms, kano’s, fietsstuurstange en ander toerusting gemonteer kan word. Hy neem 5 MP-foto’s en hoëdefinisie-video’s. Hy is ook waterdig tot 20 m diep – iets waaroor ek hulle maar sal glo, want ek swem nie gereeld saam met haaie en barrakudas nie.

Die gehalte van die video’s en foto’s wat die ATC 9K neem, is wonderlik. Daar behoort daarom geen verwarring te wees wanneer jou vriende die dokter wys wat met jou gebeur het nie. Maar dit neem alles deur ’n visooglens af. Dit voeg oulike effekte by die beelde en pas goed in by daardie aksiebeelde van iemand wat by ’n berg afval – maar dis nie iets wat jy kan “afskakel” nie, en as jy nie van die visoogvoorkoms hou nie, is dié kamera dus nie vir jou geskik nie.

Dit gebruik ook kleiner microSD-geheuekaarte – die soort wat ’n mens gewoonlik vir ’n selfoon gebruik. Ook die battery is piepklein, sowel wat grootte as kapasiteit betref. Jy sal daarom ’n paar spaarbatterye nodig hê, veral as jou aktiwiteite jou ’n ruk lank van kragproppe gaan weghou.

Die ATC 9K is ontwerp om aan goed gemonteer te word en nie om in die hand gehou te word nie. Ander skrywers het gekla dat dit nie soos ’n normale kamera gebruik kan word nie, maar ek het gevind dat dit heel gerieflik in my hand is – selfs al moet jy dit vashou soos ’n piesang wat jy vir iemand aangee.

In werklikheid is dit ’n wonderlike kamera vir enige geleentheid, veral as jy van die visooglens hou. Dit sluit ’n HDMI-kabel in en jy kan dit dus regstreeks by ’n televisiestel indruk en gou jou foto’s en video’s wys – nóg ’n nuttige kenmerk vir dokters.

Die twee groot knoppies aan die kamera maak dit maklik om foto’s of video’s te begin neem sonder dat jy na die kamera hoef te kyk. Hy kan egter nie inzoem nie, maar ek weet in elk geval nie hoe jy dit in aksiefotografie gaan gebruik nie.

Dit is dus die perfekte kamera om die pret en opwinding van buitelugaksiesport mee af te neem. Die prys is ook goed.

OORSIG

UITSPRAAK: Die perfekte kamera vir aksiesport.

INGEWIKKELDHEID: Selfs fietsryers kan dit baasraak.

PRYS: R3 500

OORWEEG OOK: Casio EX-G1

WAARDETELLING: 8/10

 

Company Snapshot

For detailed Unit Trust information, click here.
It pays to know the cost and what you’re getting in return
May 28 2012 09:33

Investors may not have a clue what they’re paying their money managers or they type of service they’re getting, or, whether they can actually negotiate lower fees. (Reuters)

Sasha

"In the short term this is true, Greece will dominate the headlines on a day to day basis, until their next elections when there would be some clarity to answer the question, "What next for Greece?" Amazingly everyone except the politicians seem to be lining themselves up for worst case scenario, b... Read their blog...

Recently updated
Podcasts
The Sishen saga

Legal expert Peter Leon on the increasingly complex legal wrangle over the Sishen Iron Ore mine. Time: 8:17 Listen Here...

Before you list

Is the clarion call of the JSE calling? Listen to Fin24’s expert panel discussion before you list your small business. Time: 17:29

Compare and Buy

Compare and apply for hundreds of financial products from many suppliers.

Credit cards Medical aid Current accounts Think Money

Money Clinic

Money Clinic Do you have a question about your finances? We'll get an expert opinion.
Click here...

Loading...