Share

Grepe

* TELKOM het uiteindelik ’n permanente uitvoerende hoof. Nombulelo “Pinky” Moholi neem op 1 April die leisels by Jeffrey Hedberg oor. Moholi het gesê een van die sleutelfokusgebiede van die vastelynoperateur sal wees om breëband, veral in die verbruikersmark, uit te brei. Telkom beplan om vinniger breëband met digitale intekenaarlyne (DSL) in te stel, benewens die 10 Mbit/s wat tans net by sommige van sy telefoonsentrales gebied word. Sy beplan ook om verouderende komponente van Telkom se netwerk te vervang, op samevloeiende dienste te fokus en die groep se Afrika-strategie te ontwikkel.

* Die internetdiensverskaffer MWeb het goedkoop, onbeperkte webgasheerpakkette teen R19 per maand bekend gestel, ongeag hoeveel bandwydte gebruik word. Sulke prysvlakke is algemeen in Europa en ander ontwikkelde markte. Die nuwe diens is vir klein ondernemings en individue bedoel. In die eerste 12 maande kan intekenare op MWeb se DSL-breëbandprodukte die diens gratis gebruik. Daarna sal die tarief van R19 ingestel kan word.

* Research in Motion (RIM), die vervaardiger van BlackBerry, het verlede week die pryse van sy PlayBook-tabletrekenaar bekend gemaak. Dit sal voor die einde van die maand in Amerika en Kanada beskikbaar wees en van $500 af kos. BlackBerry hoop om die kalklig by Apple te steel met pryse wat met dié van die iPad vergelyk kan word. ’n Datum is nog nie vir die SA bekendstelling aangekondig nie.

* Beplande eksplorasie in die Karoo deur die oliemaatskappy Shell kan SA se bod vir die Square Kilometre Array-teleskoop bedreig. Shell het voorstelle ingedien om in ’n gebied van meer as 90 000 km² in die Suidwes-Karookom ’n omstrede “hidrobrekingsprojek” te onderneem. Val Munsami, adjunkdirekteur-generaal in die departement van wetenskap en tegnologie, het gesê die skaliegasinisiatief laat ’n “groot vraag” oor die SKA ontstaan. 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.22
-0.0%
Rand - Pound
23.96
-0.1%
Rand - Euro
20.58
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.50
-0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.0%
Platinum
910.20
-0.2%
Palladium
998.50
-0.7%
Gold
2,312.84
-0.1%
Silver
27.06
-0.4%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,573
+0.8%
All Share
74,514
+0.7%
Resource 10
60,444
+1.4%
Industrial 25
104,013
+1.2%
Financial 15
15,836
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders