Related Articles
Top Stories
May 27 2012 11:21
There's a price war raging between South Africa's cellphone networks after Cell C lowered the rates of its prepaid calls by more than 34%.
May 27 2012 13:09
The oversupply of golf estates has claimed another victim.
May 28 2012 07:53
The City of Cape Town has spent R175m running the Myciti bus service since the Soccer World Cup compared to an income of R35m, a report says.
Weke lank is ’n mens met tallose advertensies oor First National Bank (FNB) se goue tjekrekening gebombardeer. Ek het begin dink dit is dalk die moeite werd om uit te vind of dit iets om die lyf het. Die trefreëltjie lui per slot van rekening: “Kan jou goue tjekrekening dit doen?”
Ek kontak toe sy inbelsentrum. Die lyn vir algemene navrae het nie lang, ingewikkelde opsies nie en ’n vriendelike agent genaamd Edith het binne minder as tien sekondes geantwoord.
Ek wou weet hoekom ek dié spesifieke rekening moes kies pleks van enige ander diensverskaffer s’n en ... sy kon met niks vorendag kom nie.
Sy het gevra dat ek aanhou – dit was vir langer as twee minute – en toe teruggekom met ’n klomp inligting oor die rekening, wat ek buitendien op die webblad gesien het, en dit op onoortuigende wyse aan my voorgelees.
Wat dié rekening basies van ander op die mark onderskei, is die drie prysopsies, wat van R25,50 tot onbeperkte transaksies per maand wissel.
Elke keer wanneer jou kaart deur ’n kaartleser gevee word, verdien jy eBucks. Die rekening het regtig oulike byvoordele; ’n bietjie meer moeite met die aanbieding daarvan sal baie help.
TELKAART
Tyd om oproep te beantwoord: <10 sek
Eerste indruk: 3/5
Vermoë om navraag te beantwoord: 1/5
Hoflikheid van agent: 3/5
Algehele telling [nie ‘n gemiddelde nie]: 2/5