Register now for Fin24 Dashboard and get access to portfolios, watchlists, financial comparison tools, and a whole lot more to help you achieve your financial goals.

Data provided by McGregor BFA
All data is delayed
Loading...
Where am I? Home
 
Prices are delayed by 15min.
Join the Fin24.com conversation about JSE-listed stock by using every time you tweet.

Dis maar net die begin

Simon Dingle

Related Articles

 

Top Stories

Cell C move sparks price war

May 27 2012 11:21

There's a price war raging between South Africa's cellphone networks after Cell C lowered the rates of its prepaid calls by more than 34%.

Another golf estate victim

May 27 2012 13:09

The oversupply of golf estates has claimed another victim.

MyCiti buses running at a loss

May 28 2012 07:53

The City of Cape Town has spent R175m running the Myciti bus service since the Soccer World Cup compared to an income of R35m, a report says.

 
Share Share line Print
Netwerkoperateurs bly ’n stewige belegging. Die vinnige groei wat maatskappye soos MTN in hul vroeë dae aangeteken het, het destyds te goed gelyk om waar te wees. Die aanvanklike ontploffing is lankal verby, tog hou die meeste groot operateurs hul indrukwekkende groeisyfers vol. Ook die foonmark lyk elke jaar of dit verder ontplof.

Maar waar sal dit eindig? Hoe groot is die mark en hoe groot sal dit word?

’n Interessante maatskappy wat by dié gesprek betrek kan word, is Qualcomm. As die grootste verskaffer van skyfies in die sellulêre bedryf kan die een of ander soort Qualcomm-komponent in omtrent enige sellulêre infrastruktuur of toestel gevind word.

As die mark tekens van ’n verlangsaming getoon het, sou Qualcomm een van die eerstes gewees het. En as jy die groeivooruitsigte wil begryp – wel, dís die vraag waarmee die maatskappy elke dag worstel.

Ek is in Junie na ’n telekonferensie met Paul Jacobs, uitvoerende hoof van Qualcomm, genooi as deel van die maatskappy se taamlik nuwe strategie om agter die skerms uit te kom en sy handelsnaam wyer bekend te maak.

Jacobs is ’n skatkis van inligting oor die sellulêre bedryf in die algemeen, en het ’n groot deel van die oproep gebruik om groeisyfers uit te stippel wat sy maat-skappy aanteken en voorspel.

Volgens Qualcomm se raming gebruik meer as 1,3 miljard mense wêreldwyd tans 3G-verbindings. Qualcomm voorspel dat dié syfer tot 2015 met ’n miljard per jaar sal groei – wanneer daar meer as 3 miljard 3G-verbindings sal wees. Dis ’n groot aantal, maar steeds veel minder as wat die potensiële wêreldmark dan sal wees.

Dis regte mense wat deur mobiele 3G met die internet verbind, maar as ’n mens die verbindings tussen masjiene bytel, begin die syfers werklik indrukwekkend lyk. Die infrastruktuurverskaffer Ericsson het byvoorbeeld voorspel dat daar teen 2020 meer as 50 miljard verbindings sal wees.

Namate mobiele konnektiwiteit uitbrei, skarrel toestelvervaardigers om ’n deel van die mark. Jacobs sê meer as 200 slimfoonmodelle is in 2010 bekend gestel en meer as 8 miljard mobiele toepassings is deur die jaar afgelaai. Hy verwag dat dié syfer teen 2013 tot meer as 50 miljard sal styg namate slimfone goedkoper raak en die mark groei.

Maar dit behels veel meer as net slimfone. Paul Theron van Vestact het al daarop gewys dat simkaarte oral heen gaan, en waar mense vroeër net slimfone gehad het, dra hulle nou tablette, leestoestelle en ander toestelle met ingeboude verbindings saam. Dis hoekom sy maatskappy positief oor operateurs soos MTN in Afrika is waar op die oog af nog baie groeiruimte bestaan voordat die sellulêre mark ’n perk sal bereik.

Jacobs sê die verkope van nieselfoon- mobiele breëbandtoestelle sal tussen 2009 en 2014 met 25% tot 40% groei. Hy sal weet.

Maar die werklik indrukwekkende syfers kom van die ontwikkelende wêreld, veral die Brics-lande. Jacobs sê die groei in die aanvaarding van CDMA-tegnologie is verbysterend: 233% in Indië, 309% in Rusland, byna 400% in China en ’n geweldige 438% in Brasilië.

Die algehele groei vir ontwikkelende markte tussen 2010 en 2015 word op 370% gestel.

Daar is ook interessante verhale in ander bedrywe. Die toename in die getal mense wat verbind is, bevoordeel meer as net operateurs en toestelvervaardigers.

Oor dienste, byvoorbeeld, sê Jacobs: “Met ingeboude draadlose verbindings word die foon al hoe meer ’n sensor en dit sal vir jou begin vertel van die dienste wat om jou beskikbaar is.”

Die diensontploffing is nóg ’n groeiverhaal, want liggingsdata word by nabye kommunikasievelde en ander onlangse ontwikkelings in mobiele tegnologie gevoeg. Helaas, om daaroor te skryf, het ons meer spasie nodig.
 

 

Company Snapshot

For detailed Unit Trust information, click here.
It pays to know the cost and what you’re getting in return
May 28 2012 09:33

Investors may not have a clue what they’re paying their money managers or they type of service they’re getting, or, whether they can actually negotiate lower fees. (Reuters)

Sasha

"In the short term this is true, Greece will dominate the headlines on a day to day basis, until their next elections when there would be some clarity to answer the question, "What next for Greece?" Amazingly everyone except the politicians seem to be lining themselves up for worst case scenario, b... Read their blog...

Recently updated
Podcasts
The Sishen saga

Legal expert Peter Leon on the increasingly complex legal wrangle over the Sishen Iron Ore mine. Time: 8:17 Listen Here...

Before you list

Is the clarion call of the JSE calling? Listen to Fin24’s expert panel discussion before you list your small business. Time: 17:29

Compare and Buy

Compare and apply for hundreds of financial products from many suppliers.

Credit cards Medical aid Current accounts Think Money

Money Clinic

Money Clinic Do you have a question about your finances? We'll get an expert opinion.
Click here...

Loading...