Share

Briljant in 3D

Baie min tegnologieprodukte voldoen aan die bemarkingsophef wat met hul toetrede tot die mark gepaardgaan. Dié wat werklik verstommende toestelle maak, is stilweg briljant. Nintendo het nie ’n groot bohaai oor die 3DS, sy jongste speletjiekonsole, gemaak nie. En dis maklik die verbysterendste tegnologie van die laaste jare.

3D in die bioskoop is heel prettig en tuis is die ervaring so-so. Die beelde is vaag, die bril ’n pyn – letterlik, as jy daarmee op die rusbank probeer lê – en in die algemeen voel dit soos ’n foefie. Maar die Nintendo 3DS bied ’n werklik verstommende 3D-ervaring met speletjies en video’s. Dis waarskynlik die enigste 3D-produk wat enige waarde bied.

Ek moet erken dat ek ’n groot aanhanger van dié Japanse speletjiemaatskappy is. Dit is in 1889 gestig om hanfuda-speelkaarte te maak. Ek is ook nostalgies oor my eerste speletjiekonsole as ’n kind: die Famicom, wat op Nintendo se 8-bis-vermaakstelsel gegrond was.

Die 3DS is werklik verbysterend. Die konsole pas in ’n broeksak en het ’n dubbele skerm. Die onderste een is ’n raakskerm en die boonste een is vir 3D. Jy kan die diepte van die 3D stel en dit heeltemal afskakel as jy nie daarvan hou nie, want dit gee party mense hoofpyn.

Maar vir dié van ons wat nie fisiek teen 3D beswaar het nie, is die ervaring ongelooflik. Die grafika is duidelik en skerp en bied diepte. Met speletjies soos Lego Star Wars III voel dit of jy fisieke karakters beheer wat op ’n klein verhoog in jou hande rondhardloop.

Die konsole kan ook 3D-foto’s en -video hanteer en bevat programmatuur wat dit werkliker laat lyk. Dit het ’n nabykommunikasie- (NFC-) skyfie en as jy verby ’n ander 3DS-eienaar stap, word jy met hom verbind. ’n Pedometer tel hoeveel treë jy per dag gee en beloon jou omdat jy die 3DS-ronddra.

Dit klink alles baie vergesog – totdat jy dit toets. Die enigste nadeel is dat die 3DS se battery nie baie lank hou nie en ’n mens dit gereeld moet herlaai. Dis ook effens duur – so ook die speletjies – en dit sal daarom dalk die moeite werd wees om te wag totdat die pryse daal.

OORSIG

UITSPRAAK: Voldoen aan die ophef.

KOMPLEKSITEIT: ’n Plesier vir spelers van enige ouderdom.

PRYS: R2 700

OORWEEG OOK: Sony PSP

WAARDETELLING: 8/10
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.15
+0.1%
Rand - Pound
23.85
-0.1%
Rand - Euro
20.43
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.29
+0.0%
Rand - Yen
0.12
+0.0%
Platinum
940.20
-1.1%
Palladium
1,019.00
-1.0%
Gold
2,385.56
+0.3%
Silver
28.47
+0.8%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,084
-0.2%
All Share
73,118
-0.2%
Resource 10
63,183
-0.2%
Industrial 25
98,328
-0.1%
Financial 15
15,443
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders