Register now for Fin24 Dashboard and get access to portfolios, watchlists, financial comparison tools, and a whole lot more to help you achieve your financial goals.

Data provided by McGregor BFA
All data is delayed
Loading...
Where am I? Home
 
Prices are delayed by 15min.
Join the Fin24.com conversation about JSE-listed stock by using every time you tweet.

Hou koers

Greta Steyn

Related Articles

 

Top Stories

Cell C move sparks price war

May 27 2012 11:21

There's a price war raging between South Africa's cellphone networks after Cell C lowered the rates of its prepaid calls by more than 34%.

Another golf estate victim

May 27 2012 13:09

The oversupply of golf estates has claimed another victim.

MyCiti buses running at a loss

May 28 2012 07:53

The City of Cape Town has spent R175m running the Myciti bus service since the Soccer World Cup compared to an income of R35m, a report says.

 
Share Share line Print
Is die SA ekonomie besig om werkgeleenthede te skep of te verloor? Die antwoord op dié vraag hang af van watter statistieke jy bestudeer. Die oorkoepelende prentjie kan nogal verwarrend wees omdat daar twee stelle data vir indiensneming is.

Die twee stelle statistieke is die Quarterly Employment Statistics (QES) en die Quarterly Labour Force Survey (QLFS). Die QES is ’n opname onder maatskappye en dek net formele indiens-neming buite die landbousektor. Die QLFS is ’n opname onder huishoudings en sluit die informele sektor in.

Volgens die QES het die aantal mense in diens in die formele nielandbousektor van die SA ekonomie van Desember 2010 tot Maart vanjaar met ongeveer 47 000 toegeneem. Dit is die jongste beskikbare syfers. Dis deur sommige ekonome aangegryp as bewys van ’n ommeswaai in die arbeidsmark nadat die ekonomie uit die resessie getree het.

Maar die QLFS toon dat die SA ekonomie in die eerste kwartaal 14 000 werkgeleenthede verloor het. Dit maak sin, aangesien seisoenale werkgeleenthede in die Desember-feestyd weggeval het. Die werkloosheidskoers het ook tussen die vierde kwartaal van 2010 (24%) en die eerste kwartaal van 2011 (25%) met ’n persentasiepunt gestyg. Dit maak ook sin, want skoolverlaters en gegradueerdes tree aan die begin van die jaar tot die arbeidsmark toe op soek na werk.

Oor ’n jaar beskou, is die prentjie effens minder troosteloos as wat die QLFS vir die eerste kwartaal aandui. Dit toon dat daar van die eerste kwartaal van 2010 tot die eerste kwartaal van vanjaar ’n toename van 42 000 in die aantal werkende mense in die ekonomie was. Maar hier verskil dit ook van die QES, wat ’n wesenlik groter toename van 212 000 werknemers toon.

Die punt is dat as jy die beste prentjie van ’n toename in werkgeleenthede wil kry, dan gebruik jy die QES. Min mense let egter daarop dat die werklike aantal mense in SA wat as werkend aangedui word, laer is in die QES – ongeveer 8,3 miljoen mense in diens – teenoor ongeveer 13 miljoen in die QLFS.

Die gevaar van twee opnames is dat mense die toenames in die QES neem en dit gebruik om uitsprake te lewer oor die ekonomie se vermoë om werkgeleenthede te skep. Daar is egter growwe anomalieë: Volgens die QES was daar ’n jaarlikse toename van 54 000 werknemers in die kategorie finansiële bemiddeling, versekering, eiendom en sakedienste, terwyl die QLFS ’n verlies van 50 000 werkgeleenthede in die finansiële sektor meld.

Omdat die QLFS die werkloosheidskoers aandui en indiensneming wyer meet, is dit beslis die beste opname. Maar dit verhinder nie sommige ekonome om te veel aandag aan die QES te gee nie, en dit sluit die Reserwebank in.

In die bank se jongste kwartaalblad gebruik hy syfers tot die vierde kwartaal van 2010 van die QES in ’n ontleding van tendense in indiens-neming. Dis opvallend dat hy nie van die QLFS melding maak nie, hoewel hy ander bronne van inligting oor indiensneming meld, soos Kagiso se aankopebestuurdersindeks en koerantadvertensies vir poste.

Die Reserwebank maak ook gebruik van ’n seisoensaanpassing en annualisering van die indiensnemingsyfers. Dis dalk sinvol vanuit ’n puristiese ekonomiese perspektief, maar intuïtief het ’n mens eenvoudig nie die gevoel van wat ’n seisoensaangepaste en geannualiseerde pos is nie. Dis nie “regte” werkgeleenthede nie; dis die getal werkgeleenthede wat sou bestaan het as tendense in die betrokke kwartaal ’n jaar lank sou voortbestaan. Hoe bruikbaar is dit vir die ontleding van die werkmark in ’n land waar werklose mense regte mense is en nie seisoensaangepaste en geannualiseerde statistieke nie?

Die Reserwebank sê: “In die geheel het formele indiensneming in die nielandbousektor in die vierde kwartaal van 2010 teen ’n seisoensaangepaste en geannualiseerde koers van 3,2% toegeneem, gelyk aan nagenoeg 64 700 nuwe werkgeleenthede”.

 

 

Company Snapshot

For detailed Unit Trust information, click here.
It pays to know the cost and what you’re getting in return
May 28 2012 09:33

Investors may not have a clue what they’re paying their money managers or they type of service they’re getting, or, whether they can actually negotiate lower fees. (Reuters)

Sasha

"In the short term this is true, Greece will dominate the headlines on a day to day basis, until their next elections when there would be some clarity to answer the question, "What next for Greece?" Amazingly everyone except the politicians seem to be lining themselves up for worst case scenario, b... Read their blog...

Recently updated
Podcasts
The Sishen saga

Legal expert Peter Leon on the increasingly complex legal wrangle over the Sishen Iron Ore mine. Time: 8:17 Listen Here...

Before you list

Is the clarion call of the JSE calling? Listen to Fin24’s expert panel discussion before you list your small business. Time: 17:29

Compare and Buy

Compare and apply for hundreds of financial products from many suppliers.

Credit cards Medical aid Current accounts Think Money

Money Clinic

Money Clinic Do you have a question about your finances? We'll get an expert opinion.
Click here...

Loading...