Share

Heilige koeie

DIE ANC EN DIE NATTE: Voëls van eenderse vere.

HIERDIE rubriekskrywer, synde so bejaard soos hy is, het tot die onvermydelike gevolgtrekking gekom dat die ANC en die Natte as politieke partye heelwat gemeen het - veral korrupsie.

Sowat 40 jaar gelede, toe ek nog nie heeltemal so bejaard was nie, het ek op 'n sappige stukkie korrupsie afgekom waarby 'n sekere Joseph Agliotti (klink die naam nie bekend nie?) betrokke was. Agliotti was destyds die eienaar van grond naby die lughawe wat toe geheet het na 'n groot wêreldfiguur, Jan Christiaan Smuts.

Agliotti was die verkoper van die grond en hy het 'n gewillige koper, 'n filiaal van Anglo American, gehad. In 1965 het hy sowat R95 000 (wat toe 'n stewige bedrag was) betaal vir die eiendom van 266 hektaar wat glo klei-afsettings bevat het.

In 1969 het Anglo ingestem om die grond vir R1,5 miljoen te koop terwyl Agliotti in die geheim aangebied het om te betaal om die betrokke jong bestuurder van Anglo met sy gesin na Harvard te stuur.

Intussen het Anglo bepaal dat 'n voorwaarde van die transaksie is dat die Natte se arbeidsverhouding van twee wittes tot een swarte vir nywerheidsgrond in dié gebied tot een tot een gewysig word. Agliotti het Anglo verseker dat hy sou sorg dat dit gebeur.

Anglo het gewag en, nadat hy 'n tyd lank niks gehoor het nie, in 'n koerantberig gelees dat Agliotti die grond vir R7,5 miljoen verkoop het aan - raai wie - die regering. Verder is hy binne 24 uur nadat die ooreenkoms geteken is, ten volle betaal - 'n rekord in SA staatsdoeltreffendheid.

Daardie genie van 'n redakteur, Joel Mervis, het die storie as 'n hoofberig op bladsy een in die Sunday Times van Maart 1970 geplaas - en Agliotti se lof, sonder 'n sweempie ironie, besing omdat hy so 'n merkwaardige transaksie beklink het.

Wyle John Vorster het geen opsie gehad nie. Sy politiek was boos, maar hy kon 'n besluit neem. Op die Sondag toe die berig verskyn, het hy aangekondig dat 'n kommissie van ondersoek ingestel word na wat duidelik 'n skandalige transaksie was.

Gevolglik is Agliotti, ná hofverrigtinge, gelas om R5 miljoen aan die staat terug te betaal. Dit was 'n groot oorwinning vir die Sunday Times. Nadat die korrupte transaksie aan die lig gebring is, is daardie R5 miljoen - in vandag se geld sowat R200 miljoen - aan SA belastingbetalers teruggegee.

Dit alles bring ons by die omstrede Hitachi-aangeleentheid, waarvan die stank heelwat erger is as dít wat aan die Agliotti-skelmstreek van die laat 1960's gekleef het. Soos die DA-leier, Helen Zille, in 'n indringende ontleding van die ineenstorting van moraliteit waaraan die nasie ly, gesê het: "Baie in die ANC verstaan nie dat die grondwetlike rol van politieke partye in die parlement - insluitend die ANC - is om die regering, en staatsondernemings soos Eskom, aanspreeklik te hou nie. Hulle verstaan nie dat dit inherent korrup is om ANC-kaders in staatsinstellings te ontplooi of sakegeleenthede vir frontmaatskappye van die ANC te gee, of die ANC te verryk nie.

"Hulle gee voor dit is swart ekonomiese bemagtiging. Dit is korrupsie van enorme afmetings wat SA in 'n mislukte staat sal omskep."

Zille het die leuens wat Hitachi se bestuurslui heel belaglik as verskonings aanbied vir die rykdom wat hulle die ANC laat toekom, betreur. Hierdie enorme multinasionale maatskappy is, net soos sy groot begunstigde, die ANC, totaal verrot.

Dan is daar Eskom, wat eens wêreldwyd agting afgedwing het, maar nou wemel van skandale. Hy is kniediep in die skuld en dit het aan die lig gekom dat hy óf so korrup óf so onbevoeg is dat hy ryk mynboumaatskappye van goedkoop krag voorsien terwyl hy die belastingbetalers onder swaar verhogings gebuk laat gaan.

Soos Zille uitwys, het net die koste verbonde aan die verkoop van goedkoop krag aan BHP Billiton ons die grootste deel van die R9,5 miljard gekos wat daardie idiote verlede jaar verkwis het. Dan praat ons natuurlik nie eens van Eskom se rampspoedige dobbelary in hulpbronmarkte nie. Dit is gepleeg deur ouens wat, in Eskom se eie woorde, aangestel is om in dié markte te "spekuleer".

Dit is dus duidelik dat die ANC en die Natte voëls van eenderse vere is.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.02
-0.6%
Rand - Pound
24.01
-0.5%
Rand - Euro
20.52
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.35
+0.0%
Rand - Yen
0.13
-0.6%
Platinum
900.40
+0.4%
Palladium
998.40
-0.3%
Gold
2,211.77
+0.8%
Silver
24.64
-0.0%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,114
+0.6%
All Share
74,310
+0.5%
Resource 10
56,946
+2.3%
Industrial 25
103,653
+0.4%
Financial 15
16,467
-0.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders