Share

Twee is beter as een

THE JUPITER DRAWING ROOM en TBWA Hunt Lascaris is vandeesweek as die gesamentlike wenners aangewys in die Reklame-koedoes se afdeling Agentskap van die Dekade. Hoewel die beoordelaars dit eens was dat 'n besluit wat nie eenparig is, nie optimaal is nie, kon hulle nie eenstemmigheid oor net een wenner bereik nie.

Hunt Lascaris het die eerste ses jaar van die dekade oorheers deur in vyf daarvan die eerste plek in die kreatiewe liga te beklee en in nog 'n jaar tweede te kom, twee keer die toekenning as Agentskap van die Jaar te verwerf. Hoewel hy die suksesvolste agentskapsonderneming in die land was, het hy teruggesak tot 'n laagtepunt van die 11de posisie in die kreatiewe tabel en sou hy nie 'n kans gestaan het om as wenner van die dekade bekroon te word as dit nie was vir sy treffende terugkeer met die buitelugbord van Zimbabwiese dollars vir The Zimbabwean, 'n koerant vir uitgeweke Zimbabwiërs, nie.

Dié veldtog was daarop gebou dat dit goedkoper is om 'n buitelugbord uit Zimbabwe se nuttelose geldeenheid te maak as uit papier of gewone buitelugbord-materiaal - só kon hy treffend illustreer dat die land op sy knieë is. Die idee was trouens so verstommend dat die veldtog in 2009 een van die grootstes ter wêreld was.

Jupiter het weer 'n dekade van skouspelagtige groei ervaar wat die agentskap van tiende grootste landwyd (in 2000) tot die vierde grootste aan die einde van die dekade laat opskiet het. Hy was ook die middelpunt van gebeure wat in dié tydperk soms groot opslae gemaak het, onder meer die drie nuwe rekenings van meer as R1 miljard wat hy in twee weke van aktiewe tenderaanbiedings ingepalm het, en die transaksie van die dekade, waarin hy 49% van sy ekwiteit aan WPP Group verkoop het.

Hoewel Jupiter 'n lofwaardige reputasie vir sy kreatiwiteit opgebou het, hou sy grootste sukses meer met die sakesy van die onderneming verband.

Die toekennings is Woensdag 21 April tydens Reklame-koedoes se toekenningsgeleentheid oorhandig waartydens die publikasie Tony Koenderman se Reklame-koedoes aan 'n gehoor van meer as 600 van die groot geeste in reklame en bemarking uitgedeel is.

Die ander groot toekenning, vir Reklameagentskap van die Jaar, is aan Ogilvy Johannesburg oorhandig; die beoordelaars het gereken hy het die beste kombinasie van sake- en professionele prestasie behaal.

Drie ander agentskappe is vir die toekenning as Agentskap van die Dekade oorweeg. Min mense sou dit betwis dat Ogilvy SA die huidige nommer een is - hy is 'n uiters professionele instelling wat op alle terreine werk van gehalte lewer. Ogilvy was in die eerste helfte van die dekade egter nie in dieselfde sterk posisie nie.

Nog 'n sterk aanspraakmaker was Net#work BBDO Johannesburg, 'n ambisieuse agentskap wat al vir talle baanbrekeridees verantwoordelik was en hom gereeld op skeppende gebied oortref. Sy stigtervennote het hulle egter in Kaapstad gaan vestig. Die Johannesburgse agentskap is besig met 'n heropbouprogram.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
18.47
+0.6%
Rand - Pound
23.13
+0.4%
Rand - Euro
19.91
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.22
-0.1%
Rand - Yen
0.12
+0.5%
Platinum
984.14
+0.7%
Palladium
971.05
+1.5%
Gold
2,344.84
+1.6%
Silver
28.32
+3.6%
Brent-ruolie
83.58
+0.5%
Top 40
71,340
+0.6%
All Share
77,539
+0.5%
Resource 10
61,846
+1.5%
Industrial 25
108,187
+0.5%
Financial 15
16,744
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders