Related Articles
Top Stories
May 27 2012 11:21
There's a price war raging between South Africa's cellphone networks after Cell C lowered the rates of its prepaid calls by more than 34%.
May 27 2012 13:09
The oversupply of golf estates has claimed another victim.
May 28 2012 07:53
The City of Cape Town has spent R175m running the Myciti bus service since the Soccer World Cup compared to an income of R35m, a report says.
Steers, wat vir die vyfde keer in die 50 jaar wat hy hamburgers verkoop, opgeknap word, keer na sy wortels terug met die hergeboorte van die “Real Burger”. Die herbekendstelling van die kitskosrestaurantketting sluit ’n nuwe korporatiewe identiteit, nuwe winkelontwerp, uniforms, spyskaarte en verpakking in.
Die winkels het almal ’n oop kombuis, sodat jy kan sien hoe jou burger gebraai word terwyl jy wag.
In sy nuwe mondering sal Steers teen Burger King te staan kom wat volgens berigte beplan om in SA oop te maak.
Die wêreld se tweede grootste burgerketting het in sy tuismark met stadiger groei te kampe en sal sake in ons mededingende markplek nie juis besonder maklik vind nie. Steers is met sy 522 afsetpunte en aktiewe planne om uit te brei, nie klein nie; McDonald’s is goed ingeburger met sy 150 restaurante; en ’n ander mededinger is Wimpy.
Die eerste Steers het oopgemaak toe burgers in die 1950’s wêreldwyd hoogmode geraak het en burgers werklik koningskos was. Toe het die eerste McDonald’s (1955) en Burger King (1953) ook hul deure geopen. Deur die jare het talle burger-eetplekke hul spyskaart verander en allerhande nuwe soorte burgers bygevoeg (soos van kalkoenvleis of tofu).
Steers se eerste winkel met die nuwe voorkoms het reeds in The Zone, Rosebank, geopen, maar die oefening in sy geheel sal ’n paar jaar duur.
“Ons bring die teater terug en die produk speel die hoofrol,” sê Val Bourdos, uitvoerende bestuurder.