Loading...
See More

Oornag-sukses

Jul 28 2011 00:00 Tony Koenderman
Marc Ashton het geen illusies oor Finweek nie. Die redakteurspos is iets wat talle moontlik van die hand sou wys, veral in die lig van die moeilike mark vir gedrukte publikasies, die kommer oor die toekoms van gedrukte media en ’n mate van verwarring oor die beste posisionering van saketitels.

“Finweek het 14 maande lank heen en weer gesteier,” gee hy toe. “Dit het nie gelyk of ons ooit daarin sou slaag om saam te smelt met die aanlyndiens (Fin24) nie. Die geïntegreerde nuuskantoor het nooit gewerk nie en ons het met ’n produk sonder ’n identiteit gesit.

“Fin24 het goeie erkenning as handelsmerk verwerf en Finweek sal hom nou van voor af as ’n onafhanklike handelsmerk moet vestig.”

Ashton, beskeie en pretensieloos, sal toesig hou oor ’n drastiese opknappingsveldtog wat van Finweek ’n heel ander soort publikasie sal maak. Dit sal steeds oor geld en beleggings gaan, maar in die behoeftes van die individu eerder as die korporatiewe wêreld voorsien. Amptelik is hy “waarnemende” redakteur totdat bepaalde interne formaliteite afgehandel is.

“Die hersamestelling is baie vinnig gedoen,” sê Ashton. “Dit is vir my ’n groot risiko. Die herposisionering het beteken dat ons ons handelsmerk en versameling vaardighede deeglik bekyk het. Ons wil die Financial Mail nie trompop loop nie. Ons moet finansiële sake prettig en interessant maak.”

Ashton is van nature digitaal, maar die uitdagings en geleenthede van drukwerk interesseer hom. Hy lees hoofsaaklik op die internet. “Ek kan nie dink wanneer laas ek op ’n tydskrif in gedrukte formaat ingeteken was nie. Dit was waarskynlik FHM. Aanlyn is geneig om minder ontledings te bied. Hoofopskrifte word in stories verander. Die tydskrif bied aan skrywers die geleentheid om op hul onderwerp uit te brei op ’n manier wat nie op die web moontlik is nie.

“Die uitgewer het duidelike finansiële doelwitte gestel. Ons verliese is aan die groot klok gehang. Dit kan nie so aangaan nie. Ons het met verspreidingsprobleme sowel as nuwe mediagebruikspatrone te doen.

“Die mark hier weet taamlik min van finansiële dinge. In Australië kan jy om die braaivleisvuur oor verdiensteveelvoude praat en almal kan ’n bydrae lewer. Hier weet mense nie waarvan jy praat nie.”

Op 30 is Ashton, ’n produk van Bryanston High School, jonk vir die pos. Maar hy het twee jaar gelede skielik ontluik as ’n joernalis by Finweek wat menige toekenning verower het en is ’n suksesvolle entrepreneur in uitgewery en kleinsakeontwikkeling. Dié vaardighede sal hom goed te pas kom. 
reklame  |  media
NEXT ON FIN24X

Bemarkingslesse van Queen

2011-08-04 00:00

 
 
 
 

Company Snapshot

We're talking about:

Small Business

Retailers of any shape and size can now unlock the power of mobile transacting.
 

Money Clinic

Money Clinic
Do you have a question about your finances? We'll get an expert opinion.
Click here...
Loading...