Register now for Fin24 Dashboard and get access to portfolios, watchlists, financial comparison tools, and a whole lot more to help you achieve your financial goals.

Data provided by McGregor BFA
All data is delayed
Loading...
Where am I? Home
 
Prices are delayed by 15min.
Join the Fin24.com conversation about JSE-listed stock by using every time you tweet.

O, moedertaal...

Tony Koenderman

Related Articles

 

Top Stories

Xstrata shuts furnaces to aid Eskom

Feb 13 2012 12:15

Miner Xstrata says it has brought forward maintenance on two furnaces to assist Eskom to save power.

SA economy adds 80 000 jobs in January

Feb 13 2012 10:43

Although jobs were created, the economy is still 420 000 jobs short of the peak employment level before the 2009 global financial crisis, says Adcorp.

Greece at last approves austerity measures

Feb 13 2012 07:58

Greek lawmakers have approved a new round of drastic austerity measures after a long day of street battles between police and protesters left dozens injured.

 
Share Share line Print
DIE PENDORING-TOEKENNINGS vir Afrikaanse reklame het ná 16 jaar ’n nuwe korporatiewe struktuur en bestuur – en nuwe idees. Franette Klerck, hoofbestuurder, beloof ’n aantal nuwe idees wat tot “hernieude belangstelling in Afrikaanse reklame deur die gewone mens sal lei, en dit kan ’n beduidende toename in skerp Afrikaanse advertensies en Pendoring-inskrywings tot gevolg hê”.

Die resessie het Afrikaanse reklame hard getref deurdat adverteerders dikwels hul veldtogte tot Engels beperk om op produksiekoste te bespaar.

Afrikaanse koerante beleef, nes Engelses, leserskapsdruk van die internet.

Al is die Pendoring-toekenningsgeleentheid geneig om ’n uitbundige viering van die taal te word, toon die aantal inskrywings ‘n afname in die laaste paar jaar ná ‘n lang tydperk van groei. In 1998 was daar slegs 190 inskrywings, maar dit het min of meer bestendig gegroei tot ‘n piek van 380 in 2007. Sedertien het die getal tot 280 in 2008 geval en tot 315 verlede jaar herstel.

Het hulle nog nut? Is dit nog gepas om ’n eng toekenningsgeleentheid vir een taalgroep te hê? Sal dit nie relevanter wees om ’n toekenning vir reklame in Zoeloe te hê nie?

Klerck reageer deur op die mag van die Afrikaanse mark te wys – die derde grootste taalgroep, met die grootste gesamentlike bestedingsmag. “Afrikaans as ’n bemarkingstaal word in ’n resessie bedreig,” sê sy. “Maar dit bevat van die welvarendste Suid-Afrikaners.

“Die aantal inskrywings sal styg as bemarkers die feit aanvaar – wat met navorsing bewys is – dat moedertaalreklame doeltreffender as reklame in ’n tweede taal is. Hoewel borge goed daarvan bewus is, is bemarkers geneig om Afrikaanse televisieadvertensies te vermy en hoë produksiekoste die skuld te gee.”

Japie Gouws, Pendoring-voorsitter en groep- besturende direkteur van die Afrikaanse kultuurorganisasie ATKV, moedig Afrikaanse bemarkers aan om “hul talent ten behoewe van Afrikaans te benut en maatskappye te oorreed om in die taal te adverteer”.

Veranderinge word gereeld aangebring om die geleentheid vars te hou. Die kategorie “Waarlik SA” is in 2000 bygevoeg waarvoor inskrywings in Engels aanvaar is. Vanjaar sal die wenner van die prestigetoekenning (die beste by die geleentheid) advertensiespasie en -tyd ter waarde van R2,5 miljoen wen.

Die studentewenners sal leerlingskap by Draftfcb wen. Selfs die gewone publiek word genooi om vir die “Mense se Doring”-kompetisie in te skryf en vir hul gunsteling- Afrikaanse advertensie te stem.

In ’n stap om die toekennings meer professioneel te maak, het die Pendoring ’n artikel 21- (niewinsgewende) maatskappy geword wat volgens Klerck ’n “noodsaaklike stap in die rigting daarvan is om ’n omvattende en geloofwaardige toekenningsgeleentheid te word”. Een voordeel: uitsluiting van BTW.

“Afrikaans is ’n opwindende taal en Pendoring wil die voortdurende ontwikkeling daarvan ten toon stel,”sê Klerck.

Op die toekenningsaand, 29 Oktober, sal mens sien hoe goed hy dit doen. 

 

Company Snapshot

For detailed Unit Trust information, click here.
Facebook still a closed book in China
Feb 08 2012 16:59

Mark Zuckerberg wants to ''friend'' China's massive market but how far is he prepared to go, and against what competition?

NicolaaSmith

What would happen if Greece leaves the European Monetary Union What would happen if Greece leaves the European Monetary Union The Euro would become a foreign currency like the US Dollar in Greece. Very little would actually change. It would be illegal for the Greek monetary authority to overprint a... Read their blog...

Recently updated
Podcasts
The Sishen saga

Legal expert Peter Leon on the increasingly complex legal wrangle over the Sishen Iron Ore mine. Time: 8:17 Listen Here...

Before you list

Is the clarion call of the JSE calling? Listen to Fin24’s expert panel discussion before you list your small business. Time: 17:29

Compare and Buy

Compare and apply for hundreds of financial products from many suppliers.

Credit cards Medical aid Current accounts Think Money

Money Clinic

Money Clinic Do you have a question about your finances? We'll get an expert opinion.
Click here...

Loading...