Related Articles
Top Stories
May 27 2012 11:21
There's a price war raging between South Africa's cellphone networks after Cell C lowered the rates of its prepaid calls by more than 34%.
May 27 2012 13:09
The oversupply of golf estates has claimed another victim.
May 28 2012 07:53
The City of Cape Town has spent R175m running the Myciti bus service since the Soccer World Cup compared to an income of R35m, a report says.
Net#work BBDO het in die peilvlak alles uitgehaal en trek nou gelyk met Ogilvy Kaapstad in die wedloop om die topposisie op die Loerie-kortlys. Net#work was twee weke gelede, toe die eerste ronde finaliste bekend gemaak is, in die sewende plek. Sedertdien het hy ’n groot aantal punte in die TV- en radiokategorieë bygekry.
FoxP2 is tot in die derde plek afgedruk, met Ogilvy Johannesburg vierde.
Die digitale kategorieë het meegebring dat twee spesialisagentskappe tot in die top-15 opgeskuif het. Hello Computer het 19 inskrywings op die kortlys, wat die 17 klop waarmee Gloo Digital Design, wat ’n lang tyd die onoorwonne digitale kampioen was, geslaag het. Digitale reklame is nie SA se sterk punt nie en dit gebeur selde dat ons by internasionale kreatiewe toekenningsgeleenthede selfs ’n finalis oplewer. Dit was daarom bemoedigend om te sien dat 33 agentskappe in die digitale kategorieë na die finale stadium deurgedring het.
Soos altyd beteken ’n groot getal finaliste nie noodwendig trofeë nie. Net meer as 30% van die totale aantal professionele inskrywings (dit sluit inskrywings deur studente uit) het die kortlys gehaal, dus dien dit eerder as ’n aansporing om kaartjies na die toekenningsgeleentheid te koop as wat dit ’n aanwyser van waarskynlike sukses is.
Gaan na www.squeezeback.com vir volledige besonderhede van die kortlys.