Daar was hoegenaamd nie ’n tekort aan goeie musikante in Brittanje toe Freddy Mercury in 1971 die rockgroep Queen help stig het nie. Maar iets waarvan die skaam, naïewe jong Fred (gebore in Zanzibar met die naam Farrokh Bulsara) emmersvol gehad het, was ongelooflike talent as verhoogkunstenaar.
Hy het sy klasmaats by die Ealing Art College laat lag toe hy aankondig dat hy sy studie opskop om ’n rockster te word. Hy het egter gou ’n orkes gevind wat hom nodig gehad het. Dié orkes het in drie onsuksesvolle jare talle naamsveranderinge ondergaan (Smile, 1984, Free Ibex, Wreckage, Sour Milk Sea). Drie jaar later het Mercury vir homself en die orkes ’n nuwe naam en identiteit gevind en die vroeëre misoeste omgeskep in Queen, een van die wêreld se suksesvolste groepe van alle tye.
Dié aangebore praktiese intelligensie in bemarking het Aubrey Malden, ’n tydgenoot van Mercury, aangespoor om ’n multimedia-aanbieding oor die bemarkingslesse van Queen saam te stel. Die aanbieding is getitel Mercury Rising en is gedoen in samewerking met Malden se sakevennoot, John Griffin.
Malden is ’n bemarkingsman wat al 20 jaar in Johannesburg woon waar hy vir party van die topagentskappe as kreatiewe direkteur en uitvoerende hoof gewerk het. Hy bedryf nou ’n strategiese handelsmerk-konsultantmaatskappy met die naam The Forensic Marketing Company.
“Die orkes se sukses is op uitmuntende bemarking gebou – en Fred was die handelsmerkdirekteur,” sê Malden, wat tot met sy dood in 1991 met Mercury kontak gehou het. “Hy het alles as ’n veldtog gehanteer. Hy het die belangrikste bemarkingsbeginsels geken en geweet hoe om dit toe te pas. Met ongelooflike aandag aan detail het hy die teikengehoor geïdentifiseer en dan die posisionering, handelsnaam, handelsmerkbelofte – elke aspek van handelsmerkbestuur – beheer. Fred was ’n instinktiewe bemarker. Hy het selfs Queen se embleem ontwerp – iets wat baie min orkeste het.”
Die orkes se naam het meer met die gelyknamige modetydskrif as met seksuele oriëntasie te doen gehad. “Dis nie net die naam nie,” het Mercury gesê. “Dit is die foto’s, die artikels, die hele ding. Dit is hoe ons wil optree. Dit is waaroor ons gaan. Ons wil skok, ons wil verregaande wees.”
Om sy naam te verander, was soos om ’n nuwe vel te kry, het die hoofkitaarspeler Brian May gesê. “Vir die publiek sou hy iemand word om te aanbid.”