Register now for Fin24 Dashboard and get access to portfolios, watchlists, financial comparison tools, and a whole lot more to help you achieve your financial goals.

Data provided by McGregor BFA
All data is delayed
Loading...
Where am I? Home
 
Prices are delayed by 15min.
Join the Fin24.com conversation about JSE-listed stock by using every time you tweet.

Gebou om te hou

Johann van Zyl

Related Articles

 

Top Stories

Xstrata shuts furnaces to aid Eskom

Feb 13 2012 12:15

Miner Xstrata says it has brought forward maintenance on two furnaces to assist Eskom to save power.

SA economy adds 80 000 jobs in January

Feb 13 2012 10:43

Although jobs were created, the economy is still 420 000 jobs short of the peak employment level before the 2009 global financial crisis, says Adcorp.

Greece at last approves austerity measures

Feb 13 2012 07:58

Greek lawmakers have approved a new round of drastic austerity measures after a long day of street battles between police and protesters left dozens injured.

 
Share Share line Print
ENTREPRENEUR: HANNES LOUW | WAT is die beste bemarkingsaanslag wanneer jy met ’n produk van onbetwisbaar goeie gehalte vorendag kom, maar ’n mark met heelparty skeptici moet aandurf?

Dit was die groot vraag waarmee Approved Precast Homes (APC Homes), ’n jong openbare maatskappy met sy hoofkantoor in Kaapstad, geworstel het toe hy vroeg in 2009 sy eerste skouhuis aan die wêreld vertoon.

“Eintlik is daar net een antwoord,” sê Hannes Louw, stigter en besturende direkteur van APC Homes. “Jy moet jou potensiële mark eerstens daarvan oortuig dat jou produkgehalte uitstekend is. As dit boonop minder kos as soortgelyke produkte en veel vinniger aan kliënte beskikbaar gestel kan word, slaan jy ’n groot slag. Dit is makliker gesê as gedaan, maar die enigste weg in ’n mark waar die mislukkings soos bourommel gesaai lê.”

Dié maatskappy het dit binne net meer as ’n jaar reggekry. “Ons groot deurbraak was toe ons ingeskryf het vir Absa se internasionale kompetisie vir innoverende huisvesting en volhoubare energiedoeltreffendheid en onder sowat 20 deelnemers van SA en die buiteland as die wenners aangewys is. Wat energiedoeltreffendheid betref, was APC Homes boonop tweede.”

Volgens Louw is die aanvaarbaarheid van ’n onkonvensionele boumetode veral in SA ’n taamlike struikelblok en moet voornemende huisbouers se vertroue eers gewen word voordat mens enigsins kan hoop om die mark te verower.

“In ’n onafhanklike aanvaarbaarheidstudie onder alle inkomstegroepe wat voor die kompetisie gehou is en huise van R50 000 tot R2,5 miljoen behels, het ons ’n baie hoë vlak van aanvaarding, 96%, gekry,” sê Louw. “Dit is belangrik dat mense na die huise kon kyk en behoorlik kon ondersoek. As dit nie die geval was nie, sou die vlak van aanvaarding vir seker baie laer gewees het. Sien is glo – die huise moet ervaar word.”

Maar hoekom sal APC Homes se boumetode bo konvensionele boumetodes verkies word?

Volgens Louw is daar baie voordele. “Dit is duursaam, maar veel goedkoper as konvensionele boumetodes. Die huise kan drie keer so vinnig opgerig word, is energiedoeltreffend en die banke het dit goedgekeur en gee finansiering daarvoor omdat dit onder meer Agrément SA-sertifisering het.”

Agrément SA is die afdeling van die WNNR wat die doeltreffendheid en gehalte van nie-gestandaardiseerde konstruksiemetodes beoordeel en word deur meer as 20 lande wêreldwyd erken.

Die digtheid van die materiaal wat APC Homes gebruik, onder meer die pale en panele wat in die beginproses gebruik word, is 30 mpa teenoor die 8 mpa van standaardstene. Dit bied rotsvaste boustrukture, beter isolering en is meer waterdig en word in alle strukture gebruik, ongeag die grootte of die koste. Die eindproduk lyk presies dieselfde as enige konvensionele huis.

Volgens Martin Fourie, finansiële direkteur van APC Homes, maak ’n kombinasie van gehalte en ’n noemenswaardige kostevoordeel APC-huise aanloklik. “Neem SA se projekte vir goedkoop huisvesting as voorbeeld. Dié bedryf bestaan al jare, maar is in ’n krisis gedompel deur onder meer swak bouwerk en boonop swak bestuur. Miljoene rande word tans bestee om bouvallige huise te herstel. Met die APC-boumetode word swak bouwerk uitgeskakel en dit kos niks ekstra nie. Inteendeel.”

Die mark vir goedkoop huisvesting is een van APC Homes se vernaamste teikens. Dié mark bestaan uit huise van minstens 50 m2 waarvoor banke bereid is om finansiering te verskaf. “In dié mark kos ’n konvensionele huis van 60 m2 byvoorbeeld R550 000 – R250 000 vir die erf en R300 000 vir die boukoste. Dit is hoog vir die inkomstegroep waaruit die markdeel bestaan. Die APC-boumetode sal dieselfde huisbouers sowat R450 000 kos – R250 000 vir die erf en R200 000 om die huis te bou – en dit is voor die hand liggend dat die beparing van 30% op die boukoste die huiskoper se begroting makliker sal laat klop.”

Fourie sê die gehalte is boonop dieselfde vir sowel klein as die heel luuksste huise en enige ander bouwerk. Die APC-boumetode word byvoorbeeld tans gebruik om agt klaskamers, met kleedkamers, by die Laerskool Eerste Rivier in die Wes-Kaap op te rig. Goedkeuring is ook reeds gegee vir nuwe klaskamers by ’n hoërskool in Centurion, Gauteng.

Hoewel APC Homes eers in 2009 sy hoofkantoor in Brackenfell, Kaapstad, en streekkantoor in Centurion betrek het, is die grondslag van die onderneming reeds in 1998 gelê. “Die idee om vooraf vervaardigde betonmure in die bouproses te gebruik, het by my begin toe ek nie destyds kon vrede maak met die gewone betonmure, wat reeds sowat 50 jaar in SA bekend is, en navorsing gedoen het om dié mure te pleister en daardeur te verbeter. Daaruit het my onderneming Classy Crete ontwikkel wat ek net meer as ’n jaar gelede verkoop het om die nuwe onderneming te begin.

“Ek het ook kers opgesteek by die WNNR se bou-afdeling en later sertifisering vir die nuwe boumetode verkry.”

Die 56-jarige Louw, wat sedert die stigting van APC Homes voltyds aan die hoof van die onderneming staan, sê hy het al die geld wat hy deur die verkoop van Classy Crete verkry het, plus “heelwat meer”, in die nuwe onderneming gesteek. “Hoewel ek die meeste kapitaal bygedra het, het drie ander aandeelhouers ook ’n paar honderdduisend rand elk belê. Ons het glad nie bankfinansiering gebruik nie. Omdat ons daaraan gedink het om later te noteer, het ons dit van die begin af as ’n openbare maatskappy geregistreer.”

Die maatskappy se groeiresep is op die franchisekonsep gegrond wat onder meer die vinnige uitbou van infrastruktuur moontlik maak. “Toe ons ’n jaar gelede met ons bemarking begin het, was ons mikpunt om 200 bouer-lisensiehouers binne drie jaar op te lei en regoor die land te bestuur,” sê Fourie. “Ons het tans, ná 12 maande dus, reeds meer as 90 en genoeg navrae en onderhandelinge wat daarop dui dat ons dié syfer binne twee jaar maklik kan verdubbel.”

Louw voorsien groot uitbreidingsgeleenthede vir sy maatskappy. “Net by SA se duisende skole bestaan daar uitstekende potensiaal,” sê Louw. “Wetgewing vereis dat die vele asbes-klaskamers voor 2012 vervang moet word. Die APC-boumetode is uitnemend geskik vir hierdie groot uitdaging.”

Buitelandse belangstelling, veral ná sy internasionale toekenning, bevestig die maatskappy se groeimoontlikhede. “Lisensies is reeds verkoop in Angola, Botswana en Nigerië,” sê Louw.

Dit is nie sommer grootpraat nie. Erwin Rode, eiendomsekonoom, het onlangs gesê goedkoper gehaltehuisvesting is ongetwyfeld die oplossing vir nuwe huiskopers, pensioenarisse en die laekostemark. Die grootste uitdaging vir APC Homes is om die sielkundige weerstand te oorkom teen huise wat nie tradisioneel aanmekaargesit is nie – veral duurder huise, het hy gesê.

Louw se maatskappy het dié versperring reeds gedeeltelik oorkom deur sy gehaltetoekenning, getal lisensiehouers, lof van bedryfskenners en tevrede huiskopers.

Vier vrae

Wat is jou akademiese en sake-agtergrond?

Ek het in die regte gestudeer en verskeie ondernemings besit en bestuur.

Woon jy nog altyd in die Kaap?

Nee, ek het onder meer ’n plaas in die Vaalwater-omgewing, in Limpopo, besit. Ons het in 1994 Kaapstad toe verhuis, waar ek en my seun ’n meubelfabriek begin het.

Wat maak jou opgewonde van jou bedryf?

Die “ontdekking” van die APC-boumetode en die potensiaal in ons land. Die groot huisvestingtekort bied uitstekende geleenthede vir ons bedryf.

Wat pla jou van ons land?

Ongelukkig het die wyse waarop regstellende aksie toegepas word, swak bestuur en dienslewering tot gevolg gehad. Nepotisme, korrupsie en misdaad is groot probleme.

 

Company Snapshot

For detailed Unit Trust information, click here.
Facebook still a closed book in China
Feb 08 2012 16:59

Mark Zuckerberg wants to ''friend'' China's massive market but how far is he prepared to go, and against what competition?

NicolaaSmith

What would happen if Greece leaves the European Monetary Union What would happen if Greece leaves the European Monetary Union The Euro would become a foreign currency like the US Dollar in Greece. Very little would actually change. It would be illegal for the Greek monetary authority to overprint a... Read their blog...

Recently updated
Podcasts
The Sishen saga

Legal expert Peter Leon on the increasingly complex legal wrangle over the Sishen Iron Ore mine. Time: 8:17 Listen Here...

Before you list

Is the clarion call of the JSE calling? Listen to Fin24’s expert panel discussion before you list your small business. Time: 17:29

Compare and Buy

Compare and apply for hundreds of financial products from many suppliers.

Credit cards Medical aid Current accounts Think Money

Money Clinic

Money Clinic Do you have a question about your finances? We'll get an expert opinion.
Click here...

Loading...