Register now for Fin24 Dashboard and get access to portfolios, watchlists, financial comparison tools, and a whole lot more to help you achieve your financial goals.

Data provided by McGregor BFA
All data is delayed
Loading...
Where am I? Home
 
Prices are delayed by 15min.
Join the Fin24.com conversation about JSE-listed stock by using every time you tweet.

Beskermengel

Ruan Jooste

Related Articles

 

Top Stories

Xstrata shuts furnaces to aid Eskom

Feb 13 2012 12:15

Miner Xstrata says it has brought forward maintenance on two furnaces to assist Eskom to save power.

SA economy adds 80 000 jobs in January

Feb 13 2012 10:43

Although jobs were created, the economy is still 420 000 jobs short of the peak employment level before the 2009 global financial crisis, says Adcorp.

Greece at last approves austerity measures

Feb 13 2012 07:58

Greek lawmakers have approved a new round of drastic austerity measures after a long day of street battles between police and protesters left dozens injured.

 
Share Share line Print
GESIG AGTER DIE SYFERS: JOHN GIBSON | ’N PROEFSTELSEL sal baie help om die werklas in die kantore van die meester van die hooggeregshof te verlig en sal dit moontlik maak om boedels te hersien net waar probleme ontstaan of besware deur die bevoordeeldes van ’n boedel geopper word.

Dis geen geheim nie dat daar aansienlike vertragings voorkom met die afhandeling van boedels in die meester se kantoor, sê John Gibson, voorsitter van die fidusiêre instituut van SA (Fisa). “Fisa, as verteenwoordiger van die fidusiêre bedryf, gee advies en help waar hy kan om prosesse te stroomlyn.”

Fisa is ’n organisasie sonder winsoogmerk wat fidusiêre praktisyns verteenwoordig en hoë minimum standaarde vir die bedryf stel om die publiek se belange te beskerm. Die bedrywighede van Fisa-lede sluit in die opstel van testamente, die administrasie van trusts en boedels, belasting- en finansiële advies en die bestuur van kliëntfondse.

In Mei het Fisa 22 lidmaatskappye en byna 600 individuele lede gehad wat saam meer as R200 miljard bestuur, duisende testamente per jaar opstel en sowat 40% van die bestorwe boedels beredder wat deur die meester se kantoor gehanteer word.

Gibson sê daar is baie ruimte vir verbetering in die boedelberedderingsproses en hy doen ’n beroep op die owerhede om samesprekings te hervat oor die instelling van ’n proefstelsel soortgelyk aan dié in ander jurisdiksies soos Australië en Brittanje.

Gibson werk al 27 jaar in die fidusiêre bedryf. Hy was ook in 2008 voorsitter van Fisa en in 2007 voorsitter van die vereniging van trustmaatskappye. Voorheen was hy voorsitter van sowel KwaZulu-Natal (2001) as Gauteng (2003) se raad van die vereniging van trustmaatskappye en in 2005 was hy ondervoorsitter van die uitvoerende komitee.

Hy sê sulke samesprekings het goed gevorder tot in September 2007, toe die destydse hoofmeester in die departement van justisie en staatkundige ontwikkeling bedank het, maar die pos is nog nie weer voltyds gevul nie.

“Ons het ’n goeie verhouding met die huidige waarnemende hoofmeester en deur ons pogings is daar ’n paar veranderinge aangebring en druk uitgeoefen op streekkantore wat nie presteer nie. Intussen doen die bedryfsliggaam sy bes om standaarde in die bedryf te verhoog en dienslewering te verbeter,” sê hy.

“Fisa is in Junie 2008 gestig en het uit die vereniging van trustmaatskappye ontstaan juis omdat daar ’n behoefte was om rolspelers in die fidusiêre bedryf te koördineer en standaarde tot ’n konsekwent hoë vlak te verhoog,” sê hy. “Sodoende kan die publiek weet dat hulle teen wanpraktyke beskerm sal word as hulle met ’n Fisa-geakkrediteerde praktisyn te doen kry. Fisa het ’n gedragskode en kan sy lede dissiplineer. Hoewel dit nie ’n amptelike ombudsman vir die bedryf is nie, verwelkom hy klagtes van die publiek oor enige fidusiêre aangeleentheid en kan hy aandag daaraan gee.

“In gevalle waar nie-Fisa-lede betrokke is, sal Fisa die klaers help deur hulle na die regte meesterskantoor te verwys,” sê Gibson.

Gibson verduidelik dat as daar oor ’n Fisa-lid gekla word, die dissiplinêre meganisme kan en sal optree. Die meganisme is ingestel om algehele onpartydigheid in die proses te verseker. As ’n klagte teen ’n lidmaatskappy ingedien word en hy in die dissiplinêre komitee verteenwoordig word, sal hy uit die komitee gelaat word wanneer die klagte aangehoor word.

Gibson het ’n graad in die regte aan Unisa verwerf en werk sedert 1997 vir Absa Trust, waarvan hy tans streekhoof vir boedels, testamente en trusts is.

Hy het sy fidusiêre loopbaan vroeg in die 1980’s in die landdroshof en by die kantoor van die meester van die hooggeregshof in Pretoria begin waar hy as ’n ondersoeker met bestorwe en insolvente boedels gewerk het.

In sy huidige rol by Absa is hy verantwoordelik vir boedels, testamente en trusts. Hy bestuur die nasionale testamentopstelkantoor en die veilige bewaring van meer as ’n miljoen testamente. Hy is ook verantwoordelik vir meer as 16 000 trusts met bates van meer as R3,6 miljard onder bestuur, drie boedeltakke wat meer as 3 500 bestorwe boedels beredder en 243 personeellede.

Oor die aanstelling van eksekuteurs en hul gelde sê Gibson daar is verskeie wanopvattings onder die publiek en Fisa wil dit regstel deur deurlopend inligting op sy webwerf en in die media te publiseer.

Eerstens is die publiek onkundig oor die belangrike en ingewikkelde rol wat ’n eksekuteur speel. ’n Individu kan sekerlik in sy laaste testament ’n vriend of familielid as eksekuteur aanstel wat dan weer ’n professionele eksekuteur kan nader om as sy agent op te tree.

Gibson sê: “As gevolg van die trauma wat gesinne by die dood van ’n geliefde deurmaak, is dit dikwels verkieslik om ’n professionele eksekuteur aan te stel wie se optrede deur die wet op die bereddering van bestorwe boedels beheer word. Ingevolge die wet moet ’n eksekuteur aan sekere vereistes voldoen.”

Tweedens moet mense kennis neem van eksekuteursgelde en, indien nodig, met die eksekuteur daaroor onderhandel. Die aanbevole tarief kragtens die wet op die bereddering van bestorwe boedels is tans 3,5% plus belasting op toegevoegde waarde (BTW) op bates en 6% plus BTW op enige inkomste wat namens die boedel ingevorder word.

Gibson sê dié gelde kan met die beoogde eksekuteur bespreek word en moet in jou testament uiteengesit word. Afgesien van dié statutêr aanbevole gelde is daar geen vaste tariewe in die bedryf nie. Party maatskappye stel ’n testament gratis op met die verwagting dat hy eksekuteursgelde sal kry wanneer die testateur sterf.

Onder Gibson se leiding en betrokkenheid het Fisa sy lidmaatskap verbreed om enige praktisyn met ’n fidusiêre verantwoordelikheid in te sluit, soos prokureurs en rekenmeesters wat met boedelbeplanning en die opstel van testamente gemoeid is. “Deur dié praktisyns in te sluit, reken Fisa hy kan help om vaardighede aan die breër bedryf oor te dra en hoë etiese standaarde te stel en te handhaaf,” sê hy. “Verder werk Fisa nou saam met die regering om te help om onnodige lomp wetgewing te verminder en baie prosesse te stroomlyn, veral in die kantoor van die meester van die hooggeregshof.”

Die publiek wat met ’n lid van Fisa te doen kry, kan gerus wees dat die praktisyn aan streng minimum standaarde voldoen met betrekking tot fidusiêre bekwaamheid asook integriteit en eerlikheid. So ’n lid het ook die nodige administratiewe stelsels om ’n professionele diens te kan lewer.

Gibson sê hoewel die getalle nog te klein is om ’n voltydse Fisa-kantoor in te stel, is hulle besig om openbare bewustheid te skep met ’n ten volle funksionerende webwerf en verskeie media-inisiatiewe.

“Ons wil ’n vrye vloei van inligting skep en seker maak dat enigiemand Fisa kan nader met navrae en dat ons hulle dan na die regte persoon kan verwys. Een van ons vernaamste oogmerke is om te verseker dat die publiek weet dat daar so ’n organisasie is. Inligting is belangrik.”

Fisa het ’n voltydse skakelbeampte aangestel en is besig om sy beeld te verander.

Vinnige feite

Gebore: Kimberley.

Grootgeword: De Aar.

Woon tans: Pretoria.

Huwelikstaat: Getroud.

Kinders: Een seun.

Ysbrekers

Wat doen jy vir pret?

Bergfietsry.

Wat lees jy nou?

The Art and Science of Success deur Edward de Bono.

Hoe balanseer jy jou twee portefeuljes?

As jy passievol oor iets is, sal jy eenvoudig tyd kry daarvoor. Ek het ’n passie vir die bedryf en as jy sterk glo in iets, is dit soveel makliker.

Met wie – lewend of dood – sal jy graag wil gaan eet?

Richard Branson.

As jy in die dodesel is, wat sal jou laaste ete wees?

Vis en slaai.

 

Company Snapshot

For detailed Unit Trust information, click here.
Facebook still a closed book in China
Feb 08 2012 16:59

Mark Zuckerberg wants to ''friend'' China's massive market but how far is he prepared to go, and against what competition?

NicolaaSmith

What would happen if Greece leaves the European Monetary Union What would happen if Greece leaves the European Monetary Union The Euro would become a foreign currency like the US Dollar in Greece. Very little would actually change. It would be illegal for the Greek monetary authority to overprint a... Read their blog...

Recently updated
Podcasts
The Sishen saga

Legal expert Peter Leon on the increasingly complex legal wrangle over the Sishen Iron Ore mine. Time: 8:17 Listen Here...

Before you list

Is the clarion call of the JSE calling? Listen to Fin24’s expert panel discussion before you list your small business. Time: 17:29

Compare and Buy

Compare and apply for hundreds of financial products from many suppliers.

Credit cards Medical aid Current accounts Think Money

Money Clinic

Money Clinic Do you have a question about your finances? We'll get an expert opinion.
Click here...

Loading...