Share

Aan die Brand

Gesig after die syfers: BRAND PRETORIUS | DIT was die jaar 1995, en die 47-jarige Brand Pretorius het saam met sy vrou en seuns vakansie gehou in die gesin se afgeleë strandhuis in die Oos-Kaap.

Dit was vroeg die oggend. Pretorius – die enigste lid van die gesin wat al op was – het op die kothuis se stoep gesit en ywerig gewerk aan ’n dokument getiteld “A case for change”. Dit het gegaan oor die verandering wat Pretorius in sy eie lewe wou aanbring. Die vernaamste prioriteit was groter balans tussen werk en lewe.

In Maart daardie jaar het hy ’n pos aanvaar as uitvoerende hoof van SA se grootste motorkleinhandelgroep, McCarthy Motor Holdings, wat die kerndeel was van ’n prima maatskappy met die naam McCarthy Bpk.

Die skuif was ’n uitdaging. Pretorius was vir die eerste keer in sy 23 jaar lange loopbaan in die motorbedryf regstreeks by die kleinhandel betrokke. Die eintlike toets sou vier jaar later kom – die einde van enige hoop op ’n balans tussen werk en lewe – toe McCarthy Bpk. tegnies insolvent verklaar is en Pretorius aangewys is as die man om die groep reg te ruk.

Brand Pretorius is nie ’n ou wat daarvoor bang is om openlik oor sy gevoelens te praat nie. By nuuskonferensies gee hy joernaliste ’n drukkie. Hy is dalk die enigste uitvoerende hoof in SA wat oproepe op sy landlyn neem sonder dat sy sekretaresse dit eers sif.

Hy word beskou as ’n steunpilaar in die land se motorbedryf en iemand wat ’n uiters suksesvolle loopbaan gebou het uit ’n obsessie met motors.

Pretorius is in die Vrystaat gebore en het aan die Universiteit van die Vrystaat in die ekonomie gestudeer. Hy is in 1973 deur Toyota SA in diens geneem, en ses maande later het hy die taak gekry om die groep se afdeling vir marknavorsing, wat – glo dit as jy wil – toe nog nie bestaan het nie, op die been te bring.

Pretorius het verskeie rolle in die maatskappy vervul voordat hy in 1988 as die groep se besturende direkteur vir bemarking aangestel is.

Binne net tien jaar onder sy leiding het Toyota SA gegroei van ’n klein motormaatskappytjie wat op ligte handelsvoertuie gefokus het en ’n aandeel van net 7% van die plaaslike voertuigmark gehad het, tot die grootste motormaatskappy in SA.

“Ek het geen praktiese ondervinding gehad nie en daarom het ons eenvoudig die beste bemarkingstrategieë toegepas,” sê hy.

Vroeg in die 1990’s was Pretorius egter gereed vir ’n verandering. Toyota SA was ’n familie-onderneming en die pos as besturende direkteur was iemand soos hy nie beskore nie. “Ek moes daarmee vrede maak om vir die res van my loopbaan dieselfde werk te doen as ek by Toyota sou bly.”

Uitkoms het gekom in die vorm van die aftrede van die hoof van McCarthy Motors. Pretorius het sterk werkbande met McCarthy gehad en die handelaars was verantwoordelik vir ’n groot deel van Toyota SA se verkope. Dit was maklik om die pos te aanvaar.

Die probleem met McCarthy was egter die bestuur se aandrang op diversifikasie na niemotorkleinhandel, soos in meubels en tekstielware.

“Die strategie was ’n ramp,” sê Pretorius.

“Teen 1999 was die skuld buite beheer, die aandeelprys het gedisintegreer en die groep is insolvent verklaar.”

“Een dag het ek my op die lughawe in een van Bidvest se uitvoerende direkteure vasgeloop en grappenderwys voorgestel dat Bidvest ons moet koop,” sê Pretorius. “Letterlik binne ’n week het Brian Joffe met my gesels, en minder as ’n maand later het hy ’n aanbod gedoen.”

Pretorius tree vanjaar op 63 af as uitvoerende hoof.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
18.83
+1.0%
Rand - Pound
23.51
+1.2%
Rand - Euro
20.14
+1.3%
Rand - Aus dollar
12.29
+0.9%
Rand - Yen
0.12
+2.3%
Platinum
921.70
-0.4%
Palladium
958.00
-3.3%
Gold
2,334.39
+0.1%
Silver
27.22
-0.8%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders