Related Articles
Top Stories
May 27 2012 11:21
There's a price war raging between South Africa's cellphone networks after Cell C lowered the rates of its prepaid calls by more than 34%.
May 27 2012 13:09
The oversupply of golf estates has claimed another victim.
May 28 2012 07:53
The City of Cape Town has spent R175m running the Myciti bus service since the Soccer World Cup compared to an income of R35m, a report says.
Die afgelope paar jaar was daar onder die selfoondiensverskaffers in die algemeen net een deelnemer aan die wedloop om beleggers se geld: MTN.
Vodacom het nie beleggers se verbeelding soveel aangegryp soos MTN nie. Vodafone plc kan egter goed moontlik ’n alternatief wees.
Die groep, wat tans ’n dividend van 5% bied, het sy verdienste vir die eerste kwartaal vandeesweek bekend gemaak. Sy syfers het ’n hupstoot gekry by die wêreldwye vraag na slimfone. Sy inkomste uit data vir die eerste kwartaal was 25% meer as ’n jaar tevore. Hy verwag dat slimfoonverkope byna 70% sal uitmaak van alle foonverkope gedurende die jaar teenoor 30% in die vorige jaar.
Oor die vooruitsigte vir Vodafone sê die batebestuurder Coronation: “Hoewel selfoonpenetrasie baie sterk is in die meeste markte waarin Vodafone bedrywig is, is ons uiters positief oor die vooruitsigte vir selfoondata, wat ons glo die inkomste sal opstoot. Daarby ontvang Vodafone tans geen dividende van sy Amerikaanse onderneming (Verizon Wireless) nie, terwyl ons glo dit is net ’n kwessie van tyd voordat die situasie sal verander. Sterk bykomende kontantvloei sal waarskynlik binnekort as gevolg daarvan na Vodafone vloei en ’n wesenlike deel daarvan kan aan aandeelhouers teruggegee word in die vorm van groter dividende of aandele wat teruggekoop word.”
Luidens mediaberigte het die finansiële hoof aangedui dat daardie dividend byna $5,5 miljard kan bedra – ’n stewige klomp geld.
Vodafone maak ook 3,6% van die internasionale fonds uit wat deur die plaaslike waardebelegger RE:CM bestuur word.