Share

Weer op dreef

Die junior platinummynmaatskappy Platmin se strategie om mynbougrond naby Rustenburg te konsolideer, is weer op dreef. Die dooiepunt met die Bakgatla-stam, sy bemagtigingsvennoot en vennoot in die gesamentlike onderneming, is beëindig en ’n paar transaksies is gesluit.

Arne Frandsen, uitvoerende hoof van Pallinghurst Resources, die meerderheidsaandeelhouer in Platmin, verwys daarna as “mylpaaltransaksies”. Dit sal “’n beduidende eerste stap in die ontwikkeling van die laaste vlak-platinumgroepmetaal-hulpbronne in die westelike uitloper van die Bosveldkompleks wees”, sê hy.

Frandsen reken dat vanjaar ’n sleuteljaar in die ontwikkeling van Pallinghurst se platinumbelange sal wees. Dit stem ooreen met die groot vordering wat in 2010 in een van Pallinghurst se ander bedryfsafdelings, die staalvoerkorporasie, gemaak is.

Die hoofmaatskappy in die staalvoerkorporasie is Jupiter Mines, wat op die Australiese aandelebeurs genoteer is. Dié se aandeelprys het in 2010 byna verdriedubbel. Platmin s’n het daarenteen van R11,04 tot R4,30 gedaal voordat dit tot die huidige sowat R5,30 verbeter het.

Die aandeelprys was ’n weerspieëling van die bedryfsprobleme by die myn. Hy het in die nege maande tot einde September $12,6 miljoen verloor. Boonop was daar groot onsekerheid oor die Bakgatla-situasie, wat in Augustus aan die lig gekom het.

Platmin en Pallinghurst het nie destyds verduidelik wat die probleem met die Bakgatla presies was nie. Op ’n vraag hieroor op die aanbieding van die resultate verlede week het Brian Gilbertson, voorsitter van Pallinghurst, gesê hy erken dat kommunikasie met beleggers in daardie stadium swak was. Hy het gesê die dispuut het “niks met Platmin te doen gehad nie”. Dit was tussen die Bakgatla en Barrick, wat 10% van die Sedibelo-platinumprojek besit het waarin die Bakgatla die res besit het.

Wat gebeur het, is dat Barrick in April 2010 gesê het hy beplan om sy belang van 10% in Sedibelo aan Platmin te verkoop, maar die Bakgatla het die verkoopstransaksie in Augustus met regsoptrede gekeer. Die skikking wat nou bereik is, behels ’n lening van Pallinghurst aan die Bakgatla om die stam te help om die 10%-belang in Sedibelo by Barrick te koop. Dit is aan transaksies gekoppel waardeur Pallinghurst se medebeleggers ’n belang van 49,9% in Sedibelo by die Bakgatla sal koop, terwyl Platmin Sedibelo West vir $75 miljoen koop.

Leon Esterhuizen, ’n ontleder van RBC Capital Markets, reken dat die transaksies positief vir Platmin is. Effektief koop hy 75% meer hulpbronne vir net 15% van sy huidige markkapitalisasie.

Hy wys daarop dat die gebied wat hy konsolideer, die moontlikheid inhou om in die volgende dekade tot ’n miljoen onse pgm’e per jaar te lewer.

Hy som Platmin se strategie só op: “Maak Pilanesberg reg, en bou dan nog twee of drie myne langsaan.”

Maar versigtige beleggers sal dalk terugdink aan wat die afgelope jaar by Anooraq Resources, nog ’n junior platinummaatskappy, gebeur het. Hy het ook ’n werkende myn wat opgeknap moet word en grootskaalse uitbreiding wat van nuwe bedrywighede moet kom, maar sukkel baie om sy Bokoni-myn – vroeër Lebowa Platinum – aan die gang te kry.

Philip Kotze, uitvoerende hoof van Anooraq, het voorspel dat die bedryfskoste by Bokoni teen die Desember-kwartaal tot R800/ton sou gedaal het.

Daarenteen het dit hardnekkig op meer as R1 000/ton gebly – dieselfde vlak as toe Anglo Platinum die myn vroeër bestuur het. Angloplat is wyd daaroor gekritiseer, want naburige myne is bedryf teen sowat R600/ton.

Kotze het ook al gesê dat die nuwe bestuur groot verbeteringe sou aanbring. Nou sê hy: “Geen rede bestaan hoekom ons nie ’n soortgelyke kostevlak as die res van die bedryf kan hê nie.”
 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.20
-0.2%
Rand - Pound
23.83
-0.0%
Rand - Euro
20.42
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.30
+0.0%
Rand - Yen
0.12
-0.4%
Platinum
948.30
-0.2%
Palladium
1,022.50
-0.7%
Gold
2,382.34
+0.1%
Silver
28.34
+0.4%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,190
0.0%
All Share
73,271
0.0%
Resource 10
63,297
0.0%
Industrial 25
98,419
0.0%
Financial 15
15,480
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders