Share

Vir hardebaard-spekulante

Al die finansiële woelinge om Pallinghurst en Platmin wat beplan om $250 miljoen by wyse van die uitreiking van nuwe aandele te trek (lees die voorbladartikel), plaas die soeklig opnuut op Wesizwe as 'n moontlike spekulatiewe geleentheid.

Beleggers - hulle moet miskien eerder hardebaard-spekulante genoem word - in die sogenaamde junior mynmaatskappye en prospekteerders weet dat tiendubbele winste of 'n 90%-daling nogal dikwels by dié soort ondernemings voorkom. Dit is lekker om van tyd tot tyd so 'n skoot in dié sektor te waag.

Dit gaan weer taamlik goed met platinum. Die prys het mooi herstel en teen die huidige sowat $1 700 per ons gaan dit ook weer goed met die myne. Die belangrikste is egter dat daar weer geld, noem dit waagkapitaal, beskikbaar is. Aquarius Platinum, lank nie net meer 'n junior nie, het laat in 2009 baie maklik $300 miljoen se waagkapitaal getrek met 'n uitgifte van omskepbare skuldbriewe. Nou lyk dit of daar oral geld beskikbaar is en selfs Platmin gaan nuwe geld kry, nogal by die Hollanders.

Die huidige markwaarde van Platmin op die JSE is R4,3 miljard. In die goeie ou dae, toe beleggers nie genoeg kon kry van junior platinummyne nie, was die markwaarde van Wesizwe by tye meer as R6 miljard. Dit is tans slegs R1,3 miljard. Volgens Wesizwe se heraangestelde uitvoerende hoof, Mike Solomon. is hulle tans hard aan die vry vir Chinese geld. As hulle suksesvol is, sal dit ook 'n eerste vir SA wees. 'n Inspuiting van nuwe waagkapitaal van $300 miljoen of meer sal die aandeel weer een van die spekulante se gunstelinge maak. Sonder nuwe geld sal dit egter maar die weg volg van menige ander juniors regoor die wêreld - verdwyn stadig in die sonsondergang.

Maar nou ja, dit is geleenthede soos dié wat maak dat die aandele van prospekteerders en junior mynmaatskappye steeds so gewild is in lande soos Kanada, Australië en ook SA. Die waagmoed van myners is nog daar, al doen ons dit nie vandag meer met 'n pik en graaf en prospekteerpannetjie nie.

Waag gerus 'n ietsie op Wesizwe teen die huidige aandeelprys van 230c. Dit is nog dieselfde as 'n jaar gelede.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.23
-0.6%
Rand - Pound
23.90
-0.5%
Rand - Euro
20.55
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.47
-0.6%
Rand - Yen
0.12
-0.4%
Platinum
913.10
-0.8%
Palladium
1,015.00
-1.1%
Gold
2,331.79
+0.4%
Silver
27.32
+0.1%
Brent Crude
88.42
+1.6%
Top 40
68,574
+0.8%
All Share
74,514
+0.7%
Resource 10
60,444
+1.4%
Industrial 25
104,013
+1.2%
Financial 15
15,837
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders