Share

Ry die kommoditeitsgolf

Kommoditeitspryse styg skerp. En terwyl daar altyd risiko’s en onbekende faktore in mynbou en hulpbronne is, lyk dit of pryse gaan bly styg. Dit lok heelwat beleggingsbelangstelling.

Die probleem vir SA beleggers is dat die kommoditeitsmaatskappye en die prestasie van aandeelpryse nie altyd die vraag na en die prys van die kommoditeit weerspieël nie. Gebruik goud as voorbeeld: Die genoteerde goudmynmaatskappye is waarskynlik die slegste manier om blootstelling aan die goudprys te verkry. Beleggers moet ook ’n bepaalde siening hê van die kommoditeit wat hulle wil koop – nie almal sal saam met die gety styg nie.

Dis in dié verband dat African Rainbow Minerals [JSE:ARM] (ARM), wat dikwels misgekyk word, ’n oortuigende opsie bied. Sy belange deur filiale, verwante maatskappye en gesamentlike ondernemings bied ’n wyd gediversifiseerde portefeulje kommoditeite.

Maar hoewel die vraag sterk is, beleef ARM beperkinge aan die aanbodkant, hoofsaaklik van Transnet. In die onlangse tussentydse resultate is verskeie kere verwys na die impak van ontsporings en die “voortgesette onderprestasie” van Transnet Freight Rail op die uitvoervolume van verskeie kommoditeite.

Terwyl dit nie ’n beperking is nie, steun hy sterk op China. Patrice Motsepe, uitvoerende voorsitter, sê in sy kommentaar by die tussentydse resultate dat die beduidende verbetering van die kommoditeitmarkte in die tweede helfte van 2010 hoofsaaklik deur ’n sterk vraag van China aangedryf is. Dit sal waarskynlik voortduur, maar hoe hoër pryse styg, hoe versigtiger behoort uitvoerders te wees. China het al gewys dat hy meesterlik by die pryse van kommoditeite kan inmeng.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
18.57
-0.3%
Rand - Pound
23.21
-0.2%
Rand - Euro
19.95
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.21
+0.0%
Rand - Yen
0.12
+0.3%
Platinum
979.45
+0.0%
Palladium
958.00
-1.6%
Gold
2,308.64
-0.2%
Silver
27.30
+0.2%
Brent Crude
83.16
-0.2%
Top 40
70,939
+0.2%
All Share
77,177
+0.3%
Resource 10
60,903
-0.2%
Industrial 25
107,610
+0.4%
Financial 15
16,775
+0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders